Quantcast
Channel: Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal - LitNet
Viewing all 123 articles
Browse latest View live

Persverklaring: Taalmonument vier Museumdag by Genadendal

$
0
0

Kenners bespreek tegnologie en invloed van eerste Afrikaanse gedrukte media

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) vier vanjaar Internasionale Museumdag saam met die Genadendal Sendingmuseum deur die aandag te vestig op die aanwending van tegnologie, kommunikasie en die skep van nuwe gehore vir museums. Jatti Bredekamp, ʼn gebore ‘Genaler’ en die eerste swart uitvoerende hoof van Iziko Museums, sal op 26 Mei in gesprek wees met Christo van Rensburg, bekende taalkundige en skrywer van So kry ons Afrikaans, en Samuel Baatjes, die museum se opvoedkundige beampte. Boonop sal twee wenners van die Genadendal Sendingmuseum se toespraak-kompetisie vir leerders – wat op 18 Mei gehou word – ook ʼn perspektief gee oor hoe jeugdiges museums beskou.

Siende dat vanjaar se tema vir Museumdag ‘Hiperverbinde museums: nuwe benaderings, nuwe gehore’ is, sal hulle fokus op die publikasies De Bode (1860) van Genadendal en Die Afrikaanse Patriot (1876) van die Paarl asook die invloed wat die drukperse op hul gehore gehad het. 

Hoewel die Genadendalse koerant ouer is as die Paarlse koerant, het eersgenoemde basies Genadendal Nederlands met ʼn paar Afrikaanse woorde gepraat. Die Afrikaanse Patriot was van meet af daarop gefokus om Afrikaans te praat en word derhalwe steeds as die oudste Afrikaanse publikasie beskou, beslis wat die gebruik van die Romeinse alfabet betref. In Kaapstad self het daar in die 1860’s en 1870’s ook Afrikaanse godsdienstige geskrifte verskyn wat van die Arabiese skrif gebruik gemaak het.

Bredekamp het onder meer jare lank op die Internasionale Museumraad (ICOM) gedien, artikels in die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie (UNESCO) se publikasies die lig laat sien en is ʼn lid van Genadendal se Raad van Trustees as verteenwoordiger van die Wes-Kaapse premier. Hy dien ook op die raad van die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap (SAHRA). Van Rensburg is ʼn taalkundige aan die Universiteit van die Noordwes en is so pas as medewenner van die Jan H Marais-prys, die mees omvangryke Afrikaanse akademiese prys, aangewys. Hy word vereer vir sy baanbrekerswerk oor die herkoms van Afrikaans, spesifiek die invloed van Khoi-Afrikaans. 

Die feestelike dag, wat ook verversings sal insluit, vind plaas in Genadendal net buite Greyton en begin om 10:00. Bywoning is gratis, maar besprekings is noodsaaklik omdat daar ruimte vir slegs 60 besoekers is. 

Vir besprekings en verdere inligting, skakel 021 863 0543/4809 of besoek www.taalmonument.co.za en www.facebook.com/afrikaansetaalmonument.

The post Persverklaring: Taalmonument vier Museumdag by Genadendal appeared first on LitNet.


Persvrystelling: Laat jou ou boeke ’n nuwe blaadjie omslaan

$
0
0

Is jy mal oor jou ou, verwaarloosde hardebandboeke, maar wens jy kon die kuns bemeester om hulle met liefde reg te dokter? Dan is die boekherstelspesialis Peter Packery se kursusse by die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) in die Paarl die antwoord op jou drome. Packery – wat meer as vier dekades se ervaring in boekherstel en -bindwerk, insluitend die herstel van uiters waardevolle boeke, onder die blad het – bied van 4 tot 6 Julie 2018 ’n inleidende kursus oor die herstel van ou hardebandboeke aan. Hy was voorheen by die Suid-Afrikaanse Biblioteek se restourasiedepartement betrokke en het vir 26 jaar sy eie boekherstel en -bindbesigheid bedryf. In Oktober vanjaar bied hy ook ’n gevorderde kursus aan.

Geen vooraf kennis word vir die driedagkursus benodig nie. Die inhoud sluit werkprosedures, bindstyle, Japannese en Westerse papier, greinrigting, die dele van die boek en die samestelling daarvan, bladsyherstelwerk en invoeging van los bladsye, kleefstowwe, boekrugherstelwerk asook die herstel van skutblaaie in.

Die tweetalige kursus kos R1 500 per persoon en vind daagliks van 09:00 tot 16:30 in die Konferensielokaal in die Besoekersentrum by die Taalmonument plaas. Eie gereedskap (waaronder ’n beenmes) kan gebruik word of ’n stel kan teen R200 aangekoop word. Koffie en tee is ingesluit, maar deelnemers moet sorg vir hul eie middagete of van die Volksmond Koffiewinkel gebruik maak.

’n Gevorderde boekherstelkursus wat fokus op gevorderde tegnieke soos leerbind- en bladgoudwerk, vind plaas van 1 tot 3 Oktober 2018. Dit is geskik vir deelnemers wat reeds basiese boek- en papierherstelwerk onder die knie het.

Die ATM bied jaarliks ’n hele reeks kursusse en werkswinkels aan wat fokus op die ontwikkeling van basiese vakkundige vaardighede. Vanjaar se program sluit onderwerpe soos argivering, taaltoerisme en stersirkelsfotografie in. Voorstelle vir bykomende werkswinkels oor soortgelyke onderwerpe is welkom. Vir meer inligting en besprekings, kontak Jeffrey Pietersen by 021 872 3441 of stuur ’n e-pos na bemarking2@taalmuseum.co.za.  Sien www.taalmonument.co.za vir meer en volg ons op Facebook.

The post Persvrystelling: Laat jou ou boeke ’n nuwe blaadjie omslaan appeared first on LitNet.

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument: ’n simbool van hoop, nasiebou en sosiale samehorigheid

$
0
0

Bo: Die huidige raad van die ATM, van links: Jurie Saal, William Langeveldt, Logan Munsamy, Janis Grobbelaar, Elvis Saal (voorsitter), Penny Magona (ondervoorsitter), Cecil le Fleur en Steward van Wyk. Onder: Michael Jonas (direkteur).

In 2020 vier die ikoniese Taalmonument by die Paarl sy 45ste jaar. In die aanloop daarna toe neem Michael Jonas, die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se direkteur van die afgelope twee jaar, bestek van die verlede en deel sy visie oor die monument op Paarlberg, die museum in Paarl asook Afrikaans. Hy belig ook die belang van linguistiese diversiteit en waarom die ATM nie net ’n baken van hoop vir Afrikaans is nie, maar vir álle Afrikatale.

My eerste werklike kennismaking met die wonders van Afrikaans en die taal se opvoedkundige waarde was rondom standerd 5 (graad 7) danksy Groot verseboek onder redakteurskap van DJ Opperman. Hierdie meersterstuk met sy blou omslag het in die Jonas-huishouding in ’n Stellenbosch-woonbuurt beland as ’n boekprys wat my ouer broer, Johnny, as toppresteerder in Afrikaans in sy matriekjaar ontvang het. Sy liefde vir en studies in tale aan die Universiteit van Wes-Kaapland, asook sy anti-apartheid aktivisme, ook ín Afrikaans, in die 1980’s het blywende indrukke op my in my vormingsjare gelaat.

My interaksie met veral Afrikaanse letterkunde het nie net ontvlugting gebied uit die daaglikse realiteite waarmee jou tipiese werkersklasgemeenskap geworstel het nie, maar ook gedien as ’n katalisator vir die bewusmaking van watter bepalende rol die gebruik en misbruik van taal in mense se lewens kan speel. Dit was ander, aparte tye, en die Taalmonument, net ’n paar kilometer van my huis, was beslis nie vir my ’n welkome struktuur waar ek omarm sou voel nie.

Ná die voltooiing van my museumstudies aan die Universiteit Stellenbosch het ek as kontrakwerker by die Stellenbosch Museum begin werk. Eendag in 1995 toe ek by my ouerhuis aankom, word ek deur my (nou oorlede) pa ingewag met ’n uitgeknipte advertensie vir die posisie as hoof van die Taalmuseum in die Paarl. Die opgewondenheid in sy stem en liggaamstaal sal my altyd bybly. Terselfdertyd onthou ek ook die teleurstelling op sy gesig oor my redes waarom beide die tyd en ek nie gereed was om hierdie instelling – met soveel geskiedenis, emosie, simboliese waarde en politieke bagasie – te kon bestuur nie. Maar die saadjie was geplant en ek het toe reeds gedroom om aan die hoof van die ATM te staan sodra die tyd ryp is – iets wat 21 jaar later tog bewaarheid is.

Die uitdaging waarmee ek en die vorige direkteurs gekonfronteer is, is hoe om die ATM suksesvol te bestuur siende dat ons werksaamhede, dienste en programme diverse taalgemeenskap moet verteenwoordig en weerspieël. Hoe bewerkstellig die ATM ’n omgewing waarbinne sosiale samehorigheid, taaltrots en inklusiwiteit geskep word? En hoe dien die instelling, wat grootliks van belastinggeld afhanklik is, die Afrikaanse gemeenskap en die Suid-Afrikaanse nasie?

As moedertaal spog Afrikaans reeds met die grootste rassediversiteit van alle tale in die land, en hoewel ou en nuwe Afrikaanse kultuurorganisasies die afgelope drie dekades reusetreë vorentoe gegee het, is daar nog baie werk nodig om negatiewe narratiewe te besweer. Afrikaansmediumskole moet byvoorbeeld dringend meer leerders en onderwysers hê wat Afrikaans se demografie verteenwoordig – iets waarvoor beurse aangewend kan word. Dit is immers hierdie leerders wat later in posisies gaan wees waar hulle die onbetwisbare waarde van moedertaalonderrig kan bevorder. 

Inheemse tale bevind hulself op die rand van die politieke landskap en Afrikaans nog meer so weens haar verbintenis met die apartheidstaat. As na hofuitsprake oor taalaspekte by die universiteite van Pretoria, Stellenbosch en Vrystaat, asook gebeure by Hoërskool Overvaal gekyk word, is daar duidelike tekens van ʼn berekende poging om die voortbestaan van Afrikaans as onderrigmedium verder af te skaal. Die redes wat Hoofregter Mogoeng Mogoeng in sy hofuitspraak oor die toekomstige, eksklusiewe gebruik van Engels in die howe aanvoer, suggereer vyandigheid op owerheidsvlak en bevestig dat Afrikaans steeds onder sommiges as die taal van die verdrukker gesien word.  ʼn Instelling soos die ATM word beskou as ʼn sigbare manifestasie van die hoogty van wit Afrikaner nasionalisme, terwyl dit in feite Afrikaans in haar volheid bedien.

Afrikaans was immers ook ’n slagoffer van dié nasionalisme, ’n nasionalisme wat die taal vir korttermyn politieke gewin gekaap het en ter wille van mobilisering misbruik het. Al was en is wit Afrikaner-nasionaliste ’n minderheid van Afrikaanssprekendes, het Suid-Afrikaners (Afrikaans- en nie-Afrikaanssprekend) nie hierdie kaping hard genoeg probeer keer nie. Onder die apartheidregime is daar boonop later talle Afrikaanse boeke, toneelstukke en musiek verbied, om nie van die ramp van 1976 te praat nie. Die natuurlike verhouding tussen Afrikaanssprekendes is ook versuur deur die taalgroep op ’n rassegrondslag te skei.

Eers in die laaste drie dekades is daar ’n daadwerklike optrede deur voorheen gemarginaliseerde Afrikaanssprekendes om die taal op te eis; ’n energie wat die ATM ondersteun deur gesprekke en interaksies tussen Afrikaanssprekendes te bevorder. Die samestelling van die ATM se personeel en raad weerspieël die diverse realiteit van die sprekers en dit word toenemend beskou as ’n ruimte waar mense ’n gedeelde liefde, Afrikaans, saam vier. Die totaliteit van Afrikaanssprekendes is besig om die taal te eien, tot almal en veral die taal se voordeel. Sedert die taal se bevryding in 1994 is daar ’n geskiedkundige opwelling van Afrikaanse literatuur, musiek en rolprente. In die kuberruim is dit net so besig; Google gerus “Afrikaans” en kyk self.

Die ATM streef na die welstand van Afrikaans in die Suid-Afrikaanse gemeenskap en poog voortdurend om wedersydse respek tussen Afrikaans en ander inheemse tale te bevorder deur, onder meer, die invloed van die tale op mekaar te erken. Ekologiese diversiteit is belangrik vir die planeet se inwoners; so ook ’n diversiteit van idees. In dieselfde asem voel ons ook sterk dat taaldiversiteit, in Suid-Afrika en elders, ’n absolute aanwins is wat gevier en ondersteun moet word. Die Ugandese akademikus Mahmood Mamdani het in 2017 in Kaapstad die ontwikkeling van Afrikaans voorgehou as die suksesvolste dekolonialiseringsinisiatief ooit. Volgens hom en vele ander kan Afrika, en spesifiek die vasteland se universiteite, ons koloniale mantel afskud slegs as Afrikatale aktief ontwikkel en op alle vlakke gebruik word. In hierdie lig beskou ons die monument as ’n simbool van hoop nie net vir Afrikaans nie, maar vir alle Afrikatale. Wat moontlik was vir Afrikaans, ís moontlik vir almal.

Terwyl daar een werklikheid – ’n progressiewe, maatskaplike samehorigheid – by die monument en museum te siene is, ervaar baie Suid-Afrikaners egter Afrikaans op ’n negatiewe manier; van persoonlike interaksies met Afrikaanssprekendes tot wat hulle te siene en te hore kry op die internet. Voorts word die debat oor die toekoms van Afrikaans steeds ten dele oorheers deur tradisionele (wit) Afrikaner- en burgerlike organisasies wat boonop soms namens alle taalgenote oor kultuursake wil onderhandel. ’n Houding van meerderwaardigheid en opeis van die taal as eiebesit deur sekere sektore binne die Afrikaanssprekende landskap, die “loopgraafbenadering” om vir die taal te veg, asook onaanvaarbare “tradisies” word in die postapartheid samelewing voortgesit. Dit is iets wat veral op sosiale media opgemerk word, waar ’n minderheid mense agter skuilname wegkruip en kliphard skel.

Wat wel opval, is dat variëteite van Afrikaans wat die afgelope eeu nie tot hul reg gekom het nie, nou ’n bloeitydperk beleef. Die opneem van sekere woorde in die nuutste Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS) gee meer erkenning aan die gedeelde verlede van Afrikaans en die bydraes uit ander variëteite, terwyl Christo van Rensburg se publikasie So kry ons Afrikaans klem lê op die diverse wortels van Afrikaans. Tog word die niegestandaardiseerde variëteite, so wil dit voorkom, steeds verkeerdelik as agterlik, komies en/of minderwaardig beskou. ’n Houding om slegs die gestandaardiseerde gesproke en geskrewe variëteit as aanvaarbaar voor te hou, dien as instrument vir die doelbewuste uitsluiting van seker die grootste groep Afrikaanssprekendes se unieke omgang met Afrikaans.

Die ATM is deels in apartheidsonde gebore, maar dit beteken nie die baba moet met die badwater uitgegooi word nie. Die opening van beide die museum (op 14 Augustus 1975) en monument (op 10 Oktober 1975) is moontlik gemaak deur privaat inisiatiewe wat probeer het om Afrikaans van politiek te skei; dit was egter die hoogbloei van wit Afrikanermag, wat beteken het dat die taal weer as ’n speelbal misbruik is.

Die monument het egter van meet af historiese taalfeite erken, veral omdat Afrikaanse skrywers en anti-apartheid aktiviste hul stem dik gemaak het. Die ikoniese beeldhouwerk op die Paarlberg lê sterk klem op Afrikaans se Afrika-herkoms en die simboliek is klokhelder dat die toekoms van Afrikaans in Afrika is, met ander Afrikane. Die opening van die monument het onder meer ’n voorlesing van Adam Small se Afrikaanse gedig “Nkosi sikelel' iAfrika” (“God seën Afrika”) en ’n koorfees wat ’n wye verskeidenheid Afrikaanssprekendes verteenwoordig het, ingesluit. Aan die ander kant is die amptelike toespraak deur die destydse apartheidspremier, BJ Vorster, behartig.

Museums as kulturele landskappe is openbare ruimtes wat as “kontaksones” beskou word waar uiteenlopende opponerende idees, opvattings en perspektiewe tot uiting kom. Afrikaans het boonop deels as ’n kontaktaal tussen verskillende taalgroepe ontstaan en besoekers bring hul eie vertolking en perspektiewe na die ATM. Permanente versamelings of tydelike uitstallings is ekosisteme of habitatte wat bestuur, ontwikkel, uitgebrei en soms teruggesnoei moet word. Die ATM poog om prosesse te fasiliteer en vennootskappe te vorm vir die versameling en bewaring van Afrikaanse gemeenskappe se voorwerpe, lewende erfenis en kultuurgebruike in situ. Ons is al vir ’n dekade aktief besig om onopgetekende Afrikaans en Afrikaanse leefwêrelde, veral in die Noord-Kaap, op te teken en in ’n digitale formaat vir die nageslag te bewaar. Uiteraard speel die museum self ook ’n belangrike rol met die bewaring en digitalisering van ongelooflike Africana Afrikaanse manuskripte en ander bronne van inligting, waaronder die fassinerende rol van Arabiese Afrikaans.

Hierdie monument, en selfs die taal, is niks sonder die gemeenskap wat hier woon en die mense wat Afrikaans praat nie. Daarom bied ons pieknieks ten behoewe van die “Laat ons Lees!”-geletterdheidsprojek vir kinders en ’n drafkompetisie vir die Boland Skool vir Outisme aan, en bied ons ook aan studente die kans om werkservaring by die monument op te doen. Elke week kom skoolgroepe van ’n wye verskeidenheid sosio-ekonomiese en taalagtergronde om meer oor Afrikaans se ontstaan te leer en die natuurskoon te ervaar. Ons herdenk verskeie nasionale en openbare dae, soos 16 Junie, en vanjaar het ons op Afrikadag gratis toegang aan alle buitelandse Afrikane in Suid-Afrika gebied.

Dit lyk asof die Taalmonument toenemend as ’n moet-sien toerisme-attraksie deur binnelanders en buitelanders beskou word. Deur die skep en handhawing van die bogenoemde besoekerservarings en -dienste wil ons die ATM uitbou tot ’n dinamiese en inklusiewe instelling wat die talige diversiteit van Afrikaans bevorder in die konteks van ’n veeltalige gemeenskap.

Ek moet pa staan vir ’n instelling wat sommiges steeds in ’n negatiewe lig beskou, maar vir hulle vra ek om met ’n oop gemoed ’n draai te kom maak. Ons kan nie die verlede verander nie, maar ons kan fokus op wat Afrikaans en die ATM nog altyd veronderstel was om te wees. As my pa, wat baie onder apartheid moes ontbeer, hier was, sou hy ’n lewende getuie kon wees van hoe tye verander het. En hoe Afrikaans ’n integrale, opbouende deel van ons land se toekoms is; iets wat hy sterk ondersteun het.

Vrae oor die toekoms van die ATM

Wat is die agtergrond van die Taalmuseum?

Rakende die instellings se ontstaansgeskiedenis, veral die museum s’n, kan daar wesenlike parallelle getrek word met die geestesingesteldheid van wit Afrikanernasionaliste gedurende daardie tyd. Die sosiale en ruimtelike konteks is uiters belangrik, aangesien dit die tuiste van die beplande museum en monument, sowel as die kommunikasiestrategieë, sou bepaal as terreine van kulturele herinneringe en viering van Afrikaner-identiteit.

Hoewel Afrikaans nie spesifiek in die Paarl ontstaan het nie, was die keuse vir die huisvesting van die Taalmuseum ’n baie spesifieke een gegewe dié konteks. Dit was die huis van Gideon Malherbe, een van agt stigterslede van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) wat 14 Augustus 1875 in die eetkamer byeengekom het om ’n vereniging te stig wat sy merk op die Suid-Afrikaanse landskap sou laat. Die GRA wou Afrikaans (nie Nederlands nie) as ’n erkende, amptelike taal op alle terreine van die samelewing bevorder. Hulle was ook teen die verengelsingsbeleid en die latere besetting van die twee Boererepublieke gekant. Die oprigting en die totstandkoming van die museum het die tradisies van kultuurhistoriese museums in 1960’s en 1970’s gevolg. Die fokuspunte was die aanwending van artefakte as tasbare bewyse om “geloofwaardige” verbintenisse met die politiek, ekonomie en gedeelde geskiedenis van die wit Afrikaner te skep.

Sedert die vroeë 2000’s fokus die museum egter op ’n narratief van ’n gedeelde taalherkoms en viering van talige diversiteit deur middel van verskeie mediums.

Wat is jou gevoel oor die uitstallings en volhoubaarheid?

Uitstallings moet konteks verskaf, inligting ontsluit en mense prikkel om merkwaardige artefakte of literatuur in ons kultuurlewe te verken. In ons pogings met die uitbouing van ons bestaande versameling moet ’n groter poging aangewend word vir erkenning en insluiting van die ryk erfenis en inheemsekennisstelsels van alle Afrikaanssprekendes. As ’n kulturele fasiliteerder wil ons, sonder om ons mandaat en kernfunksies te verander, ’n wesenlike bydrae lewer in die daarstelling van ’n volhoubare samelewing. Die ATM dra by tot die ontwikkeling van menslike vermoëns, opvoeding en nasiebou .

Voorts sien ek ’n instelling wat volhoubare rapportering nastreef; nie net in terme van die finansiële ekonomiese balansstaat nie, maar ’n drievoudige balansstaat wat die sosiale, ekologiese en ekonomiese impak van werksaamhede insluit. Volhoubaarheid kan ekonomiese doelwitte komplementeer en ’n balans moet dus tussen die ekonomiese doelwitte, die omgewing en die samelewing geskep word. Ons missie sluit in om die instelling as ’n leidende en gerekende rolspeler in die erfenissektor te vestig.

Hoe wil julle toegang tot die ATM vergemaklik?

Ons het dit reeds vergemaklik vir gestremdes en blindes, en ook oudiogidse in ses tale, onder meer Xhosa en Frans, geskep om die boodskap beter oor te dra. Voorsiening moet gemaak word vir groter universele toegang ten opsigte van besoekers met spesiale behoeftes (fisiek-, sig-, gehoor- en intellektueel gestremdes) asook finansiële hulp of vervoer vir onder meer vir behoeftiges, senior burgers en leerders, en ander instellings. Om groter sigbaarheid in ander provinsies te bewerkstellig, kyk ons na virtuele portale, beskikbaarstelling van inligting deur elektroniese media, uitreikprogramme, asook satelliet- en reisende uitstallings. Derhalwe sal bestaande strategiese bondgenootskappe met ander instellings onderhou word en pogings aangewend word om dit na ander potensiële vennote uit te brei.

Watter impak gaan die aanbevelings in die voorgestelde witskrif vir kuns, kultuur en erfenis en nasionale museumbeleid op jul werksaamhede hê?

Die voorgestelde witskrif fokus grootliks op die transformasie, herstrukturering van die erfenislandskap, effektiewe bestuur en lewering van dienste aan voorheen benadeelde gemeenskappe binne die genoemde sektore. Vanweë die afhanklikheid van staatsbesteding wat nagenoeg 70% van die ATM se begroting beloop, word daar van dié openbare entiteit verwag om uiting te gee aan die nasionale strategiese doelwitte soos uiteengesit in hoofstuk 15 van die Nasionale Ontwikkelingsplan 2030. Dit het ons gedoen deur ons visie, missie en aksies op een lyn te bring met die departement s’n.

  • Die ATM is ’n skedule 3A openbare entiteit ingevolge die Wet op Openbare Finansiële Bestuur van 1999 (PFMA) en is geproklameer in terme van die Kulturele Instellingswet, 1998 (Wet 119 van 1998). Dit is ’n nasionale instelling waarvan die tema fokus op die vestiging en ontwikkeling van Afrikaans. Die minister vir kuns en kultuur stel ’n nie-uitvoerende raad aan wat ’n oorsigrol oor die implementering van beleid en strategiese aangeleenthede vervul. Die instelling doen verantwoording aan die minister, Nasionale Tesourie en die parlement van die Republiek van Suid-Afrika.

Die ATM se visie is om dit tot ’n dinamiese en inklusiewe instelling uit te brei wat die talige diversiteit van Afrikaans bevorder binne die konteks van ’n multikulturele samelewing.

Die missie van die ATM is om:

  • Die diversiteit van Afrikaans deur inklusiewe programme en aktiwiteite te bevorder.
  • Inligting te digitaliseer om dit beter te bewaar en toegang daartoe te verhoog.
  • ’n Omgewing te skep waarin verskillende rolspelers en agente van Afrikaans met mekaar in gesprek tree om maatskaplike samehorigheid te bewerkstellig.
  • Uit te reik na ander taalgemeenskappe en entiteite deur opvoedkundige programme en kulturele aktiwiteite.
  • “Miskende” of verplaaste geskiedenisse van Afrikaans na te vors en ’n verskerpte fokus op Afrika-epistemologieë en -kennisleerstelsels te plaas as deel van ’n groter dekoloniseringsproses.
  • Wedersydse respek en verdraagsaamheid tussen lede van die Afrikaanse taalgemeenskap te bevorder om sodoende ’n sterker gedeelde kulturele identiteit te help skep.
  • Die ATM op gesonde en deursigtige finansiële en administratiewe beginsels te bestuur wat die instelling sal vestig as ’n leidende en gerekende rolspeler in die erfenissektor.
  • Afrikaans se diverse taalerfenis, kultuurhistoriese geboue en erfenisterreine te beskerm en te bewaar.
  • Verskeie kulturele groepe deur werkswinkels en programme te bemagtig
  • Die personeel en groter gemeenskap te bemagtig.

Die ATM streef na die welstand van Afrikaans in die Suid-Afrikaans gemeenskap. In hierdie gees wil ons Afrikaans bevorder en ondersteun, veral onder die jeug en niemoedertaalsprekers. Ons poog voortdurend om wedersydse respek tussen Afrikaans en ander inheemse tale te bevorder deur onder meer die invloede van die verskillende tale op mekaar te erken.

Die ATM se waardes sluit in:

  • Die nastreef van hoë vlakke van integriteit, betroubaarheid, deursigtigheid en professionaliteit in wat ons doen.
  • Om verdraagsaam en respekvol in ons omgang met kulturele groeperinge en ander tale te wees.
  • Die nastreef van uitnemendheid in ons werksomgewing en in dit wat ons aan die publiek aanbied.
  • Om by te dra tot die bemagtiging van die Suid-Afrikaanse samelewing.
  • Om skeppend en innoverend te wees in terme van die programme en aktiwiteite wat ons aanbied.

The post Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument: ’n simbool van hoop, nasiebou en sosiale samehorigheid appeared first on LitNet.

Persvrystelling: Poëtiese leesfees tussen graniet en olien vier Erfenismaand

$
0
0

Taalmonument, LitNet en ATKV-Skryfskool fokus op 11 stedelike digters

In aanloop tot Erfenisdag op 24 September, is die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) trots om kreatiewe kragte met die onafhanklike joernaal LitNet, asook die ATKV-Skryfskool, te snoer om minder bekende digters se werk by die monument se Groen Galery uit te stal. Hierdie tydelike uitstalling plaas die kollig op nege digters wie se werk in 2018 op LitNet se Skryfwerk-blad verskyn het en op twee digters wat aan die ATKV-Skryfskool se 2018-werkswinkel by die Taalmonument deelgeneem het. Die digters woon in Kaapstad, Pretoria, Johannesburg en Bloemfontein, dus val die klem hierdie keer op stedelike digters.

Volgens Michael Jonas, ATM direkteur, is die instelling ’n lewende monument waar daar gedurig ’n interaksie tussen die struktuur, natuur, besoekers en taalskeppers is. “Ons wil graag minder bekende skrywers, musikante en digters die kans gee om hul werk aan ’n groter gehoor bloot te stel. Die meeste besoekers is nie net baie geïnteresseerd in die geskiedenis van Afrikaans nie, maar ook nuuskierig oor die taal se ontwikkeling en haar jongste skeppende gedaantes aangesien dit nuwe perspektiewe bied op die bestaanswêreld van talle Afrikaanssprekende Afrikane.”

Siende dat die tema van vanjaar se Erfenismaand "Die jaar van Nelson Rolihlahla Mandela: bevorder die transformasie van Suid-Afrika se erfenislandskap" is, is dit gepas dat hierdie ikoniese monument ’n rol speel om maatskaplike samehorigheid te bevorder deur besoekers kennis te laat maak met nuwe, uiteenlopende Afrikaanse stemme. “Mandela se gesegde (‘As jy met iemand praat in ’n taal wat hy verstaan, praat jy met sy verstand; as jy met hom praat in sy moedertaal, praat jy met sy hart’) is immers nog net so waar soos altyd,” sê Jonas.

Die 11 digters is Carma Shaw, Deon Swanepoel, Ilze Lammers, Japhta Makwena, Kim Cloete, Marius Coetzee, Monn-lee Geduld, Ricardo Arendse, Sunelle Geyer, Susanne Pike en Willem de Vries wat tesame ’n wye verskeidenheid belangstellings, geskiedenisse en skryfstyle verteenwoordig.

’n PDF van al die gedigte is te vinde by http://www.taalmuseum.co.za/wp-content/uploads/2018/09/groen-galery-september-2018-Taalmonument.pdf.

Die argitek van die monument, Jan van Wijk, het sterk gevoel oor die natuur en daarom word hy vereer deur dié buitelug galery waar sy as in ’n rots ingemessel is, knus omring deur inheemse olienhout en graniet. ’n Uitstalling van verskillende Afrikaanse skrywers word elke paar maande in dié galery se uitstalkaste van herwonne hout en glas aangebied om hiermee op die monument se kulturele én natuurlike aspekte te fokus. LitNet is ’n wyd-gerekende, interaktiewe joernaal op die internet waar skrywers hul verhale, gedagtes, rubrieke, artikels en opinies kan publiseer. Die ATKV-Skryfskool bestaan sedert 1985 en bied landwyd ’n verskeidenheid kort skryfkursusse aan enigiemand wat graag kreatief wil begin skryf of wat hul kreatiewe skryfwerk wil verbeter.

Die publiek kan die uitstalling van 15 September tot Januarie 2019 in die Groen Galery besigtig. Die monument, wat ook die beginpunt van die Paarl se Boomroete is, is daagliks oop van 08:00 tot 17:00. Toegang is R30 vir volwassenes, R10 vir SA studente/pensionarisse en R5 vir kinders (gratis onder ses jaar). Oudiogidse in verskeie tale asook gratis begeleide toere is beskikbaar en die monument bied ook ’n speelpark vir kinders, staproetes en ’n heerlike restaurant.

Vir navrae oor die monument of om meer te wete te kom oor die talle gewilde geleenthede, skakel 021 863 4809/0543/2 of stuur ’n e-pos na admin@taalmonument.co.za. Besoek www.taalmonument.co.za of www.facebook.com/afrikaansetaalmonument vir meer inligting.

The post Persvrystelling: Poëtiese leesfees tussen graniet en olien vier Erfenismaand appeared first on LitNet.

Persvrystelling: Afrikaans se wortels bekyk

$
0
0

 

Die Afrikaanse Taalraad (ATR), die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) en die Erfenisstigting bespreek gedurende hul herkomsseminaar op 20 Oktober die wording en vestiging van Afrikaans as volwaardige inheemse taal. Die herkomsseminaar sal saamval met die bekendstelling van wyle Christo van Rensburg se boek Van Afrikaans gepraat, asook die Engelse weergawe Finding Afrikaans, vertaal deur Marion Boers. Beide boeke word uitgegee deur LAPA Uitgewers. Die uitstalling Afrikaans aan die praat sal ook besigtig kan word.

Hoe en waar het Afrikaans ontstaan? Wie het almal bygedra tot die skepping van die taal? Hoe verstaan mens vandag die bydrae van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) op 14 Augustus 1875 tot die ontwikkeling en vestiging van die taal? Op watter punt in sy ontwikkelingsgeskiedenis kan ons sê ’n nuwe taal (Afrikaans, in dié geval) het ontstaan? In watter mate help die begrip kreolisering ons om die ontstaan van Afrikaans beter te verstaan? Ontwikkel die hoofvariëteite van Afrikaans nader na mekaar toe of verder uitmekaar? Hoe gaan Afrikaans in 2040 daar uitsien? Dit is van die vrae wat die gesprekspaneel, Hans du Plessis (NWU), Donovan Lawrence (UWK) en gespreksleier Jac Conradie (UJ) onder die loep sal neem.

Volgens Conrad Steenkamp, uitvoerende hoof van die ATR, “help gesprek oor die herkoms en eienaarskap van Afrikaans om samehorigheid onder Afrikaanssprekendes te bevorder en om wanopvattings oor die taal die nek in te slaan”.

Michael Jonas, direkteur van die ATM, sê: “Die agt stigterslede van die GRA is ’n bemoedigende voorbeeld van hoe gewone mense ’n verskil kan maak deur op te staan vir hul taal. Afrikaans verkeer vandag weer onder geweldige druk. Die ATM ondersteun debatvoering oor brandpunte in ons Afrikaanse taalgemeenskap, veral dié wat die saak van Afrikaans en al sy sprekers benadeel.”

Cecilia Kruger, uitvoerende hoof van die Erfenisstigting, sê: “Die Erfenisstigting is gemoeid met die beskerming van ons land se tasbare erfenis, maar ook die nie-tasbare erfenis, waarvan Afrikaans die belangrikste is. Die Erfenisstigting ondersteun die handhawing, uitlewing en bevordering van Afrikaans op alle kultuur- en samelewingsvlakke.”

Die verrigtinge vind op Saterdag 20 Oktober vanaf 09:00 tot 13:00 by die Ouditsaal, Moreletapark Gemeente, Pretoria-Oos plaas. Bywoning is gratis, maar sitplekke is ongelukkig beperk. Bespreek dus so vroeg as moontlik by ria@afrikaansetaalraad.co.za om teleurstelling te voorkom.

The post Persvrystelling: Afrikaans se wortels bekyk appeared first on LitNet.

Die derde Neville Alexander-gedenklesing: uitnodiging

Persvrystelling: Taalmonument ken Alexander-eerbewyse ter bevordering van Afrikaans toe

$
0
0

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) kondig met trots aan dat Suzie Matlhola van Johannesburg en Ernest Loth van die Paarl die 2018-wenners van die Neville Alexander-prestige-eerbewyse vir die bevordering van Afrikaans is. Die pryse, ter waarde van R10 000 elk, is op Saterdag, 13 Oktober, tydens ’n glansgeleentheid by die Oorlogsmuseum in Bloemfontein oorhandig deur die voorsitter van die ATM raad, prof Elvis Saal.

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument se raadsvoorsitter, Elvis Saal (links), en die direkteur, Michael Jonas (regs), het die 2018 Neville Alexander-eerbewyse aan Suzi Matlhola (middel) en Ernest Loth (naasregs) toegeken. Naaslinks staan prof Johan Lenake wat die gedenklesing gelewer het.

Suzan Maki Matlhola is die wenner in die kategorie ‘Iemand wat Afrikaans as ’n medium gebruik om samehorigheid en nasiebou te bevorder’. Sy is deur die ATKV, waarby sy reeds sedert 1988 betrokke is, benoem danksy haar harstog vir Afrikaans en haar onvermoeide ywer om die taal aan nie-moedertaalsprekers te onderrig. Matlhola het onder meer self Afrikaans verder aangeleer, gratis naskoolse klasse aan leerders in Soweto begin gee en ook ’n ATKV-damestak in Soweto gestig wat vrouebemagtigingsprojekte van stapel gestuur het. Die afgelope paar jare werk sy in vennootskap met die Universiteit van Johannesburg om leerders selfs beter op te lei; daar is tans sewe ander vrywilligers wat saam met haar Afrikaanse klasse aan 500 kinders in verskeie dele van Johannesburg aanbied. “Die kinders is mal daaroor,” het Matlhola gesê. “Vir hulle is dit pret en is daar g’n negatiwiteit aan gekoppel nie.”

Suzie Matlhola

Volgens haar benoemer, kollega Karien Brits, bevorder Matlhola se betrokkenheid by die gemeenskap nie net Afrikaans nie, maar verander dit ook mense se houding jeens die taal. “Dit gaan eintlik ook oor veel meer as net Afrikaans,” sê Brits. “Dit gaan oor kinders en grootmense se lewens wat verander word – mense wat nuwe geleenthede in Afrikaans kry.”

Ernest Abraham Loth is die wenner in die kategorie ‘Iemand wat sy tyd en lewe daaraan wy om Afrikaans toeganklik te maak vir almal’. Hy is nie net ’n Afrikaansonderwyser by die Hoërskool Klein Nederburg in die Paarl nie, maar ook ’n skrywer, regisseur, dramaturg, beoordelaar, motiveringspreker en skilder wat Afrikaans op alle vlakke en in alle plekke bevorder. Sy dramatekste ‘Eendag is Daar’ en ‘Donkerland’ is opgeneem in verskeie Afrikaans skoolhandboeke en word gereeld deur leerders en andere opgevoer. In 2017 is hy deur die plaaslike munisipaliteit vereer vir sy matrikulante se 100%-slaagsyfer in Afrikaans.

“Ek is só opgewonde oor als wat in Afrikaans gedoen kan word,” het hy gesê. “Ek het nog soveel Afrikaanse dramatekse en draaiboeke wat ek wil aanpak; dis net ’n kwessie van tyd en geld.”

Volgens sy benoemer, kollega Zhuale Sha, is Loth baie betrokke by die gemeenskap, onder meer by die plaaslike radiostasie KC waar hy programme aanbied en vervaardig. “Sy programme fokus onder meer op die regte van vroue op plase, op MIV/Vigs en mense met gestremdhede waardeur Afrikaans as ’n medium gebruik word om mense te bemagtig,” sê Sha. Loth het ook die skryf en regie van twee radiodramas, ‘Sommer Net’ en ‘Ompad na Ulundi’, behartig en talle bekroonde verhoogdramas aangepak.

Volgens Michael Jonas, direkteur van die ATM, is hierdie eerbewyse ’n poging om erkenning aan die onbesonge helde van Afrikaans te gee en om taalprojekte te bevorder. “Vanjaar se keuses was selfs moeiliker as vantevore, want ons het werklik uitstaande inskrywings gehad. Ons bedank almal wat genomineer is vir hul onbaatsugtige werk om Afrikaans te bevorder; dit word nie misgekyk nie. Doe zo voort.” Hy het ook die Oorlogsmuseum uitgesonder vir hul hulp om die geleentheid moontlik te maak. “Ons wil so nou moontlik saamwerk met ander instellings in die land om die Taalmonument beter bekend te maak onder alle Suid-Afrikaners.”

Die befaamde negetalige Johan Lenake, kenner van Afrikaans en ander Afrikatale, was die gasspreker en het sterk klem gelê op die voordele van veeltaligheid en hoe om ouers te oortuig dat dit die beste sosio-ekonomiese voordele vir hul kinders inhou. “Meertaligheid begin by kinders en dit is waarop ons moet fokus. Die ouers het nog baie keer ou idees wat fokus op Engels en eentaligheid,” het hy gesê. “Afrikaanssprekendes moet ook meer Afrikaans praat – daar is baie Suid-Afrikaners wat graag die taal met hulle wil praat.” Lenake het vir dekades Sesotho onderrig, was onder meer ’n skoolhoof in Fouriesburg en het talle skool- en akademiese boeke vir Suid-Afrikaanse tale, insluitende Afrikaans, help skryf. Sy MA-graadverhandeling in Afrikatale was getiteld ‘BM Khaketla as Dramakunstenaar’ en sy doktorstesis ‘The Poetry of KE Ntsane’. Al is hy byna 90 jaar oud, doseer hy steeds by onder meer die Noordwes-Universiteit.

Neville Alexander

Tydens die geleentheid het die musikant Wayne Jooste en digter Jemima Meyer die gaste met hul skeppende talente beïndruk. Die wenners het ’n sertifikaat en prysgeld ter waarde van R10 000, geborg deur Naspers, ten behoewe van relevante taalprojekte ontvang. Vorige wenners was die fakulteit onderwys van die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (Wellington), Sabina Dumas, Susan Smith, Elizabeth Dennise van Schalkwyk en Woorde Open Wêrelde. Alexander (1936–2012) was ʼn bekroonde taalkundige, opvoedkundige en akademikus wat hom sterk vir veeltaligheid en moedertaalonderrig in Suid-Afrika beywer het. Hy was ook ’n anti-apartheidsaktivis wat vir ’n dekade op Robbeneiland aangehou is.

Vir meer oor die ATM en opwindende geleenthede wat daar plaasvind, besoek www.taalmonument.co.za of volg hulle op Facebook. Vir navrae, skakel 021 863 0543/4809. Vir meer oor die Oorlogsmuseum, besoek www.wmbr.org.za.

Foto's: verskaf

The post Persvrystelling: Taalmonument ken Alexander-eerbewyse ter bevordering van Afrikaans toe appeared first on LitNet.

Herkomsseminaar: Afrikaans sonder grense

$
0
0

Hans du Plessis (foto: Naomi Bruwer)

Lesing gelewer by die Herkomsseminaar van die ATR, ATM en DES, Pretoria, 20 Oktober 2018

Inleiding

In Carstens en Le Cordeur haal Willa Boezak (2016:14) ’n Namakwalandse uitdrukking aan: "Veral die oudstes is lief om op hardmiddag, al sê die son 'tjieng!' te sitstap."

Sitstap? Ek kan my kwalik ’n meer on-Germaanse konstruksie indink as sitstap. Dit klink egter of dit verband kan hou met ’n eg moderne Afrikaanse konstruksie, soos sit en rus of loop gesels. Tradisioneel sou voorgaande konstruksies teruggevoer word na die Nederlandse verbale hendiadis, wat die spontane ontwikkeling van ’n Afrikaanse konstruksie uit Nederlands veronderstel. Die vraag waarom dit vir my in hierdie artikel gaan, is egter hoe houbaar dié afleiding is, naamlik dat die sogenaamde skakelwerkwoordkonstruksie in moderne Afrikaans teruggevoer kan word na ’n Germaanse oorsprong? ’n Studie van ’n soortgelyke Khoi-konstruksie lyk vir my na ’n geloofwaardige hipotese, wat daarop kan dui dat Afrikaans inderdaad die resultaat is van ’n aanleerdersvariëteit, eerder as bloot die spontane ontwikkeling uit 17de-eeuse Nederlands. Die doel van hierdie artikel is egter nie ’n deelname aan die Kreools-debat of die oplossing van die ontstaansgeskiedenis van Afrikaans nie. Dit gaan vir my uiteindelik om ’n herdefiniëring van moderne Afrikaans gegrond op die werk van wyle Christo van Rensburg, ofskoon die herinterpretasie van “Afrikaans sonder grense” in die slotsom van hierdie artikel my eie siening is.

Die skakelwerkwoordkonstruksie, ’n herinterpretasie

Sou ’n mens noukeurig luister na die uitspraak van die Nama-weergawe van die konstruksie hulle loop gesels, val die invoeging van ’n nasaalklank in Nama op:

//in ge !nu ǀxī ra //gam.

In persoonlike korrespondensie merk die Kora-kenner Menán du Plessis op dat ǀxī moontlik “aankom” kan wees. Hierdie woordjie word baie in die Khoi-dialekte van Griekwa en Nama gebruik, waar dit dikwels in verbinding met ander werkwoorde gebruik word. Du Plessis merk in dieselfde korrespondensie op: “Wat belangrik is om te weet is … (w)oorde met hierdie genasaliseerde vokale klink wel asof hulle met ’n nasaal eindig, en in hierdie geval sal dit seker geklink het presies asof daar ’n n tussenin die twee werkwoorde gevoeg is.”

In 1673 teken die plantkundige en medikus Willem ten Rhyne die eerste samehangende sinne van ’n vertelling in Khoi-Afrikaans op, sê Van Rensburg (2018:25): “Dat is doet: Was mak-om? Duytsman altyt kall-om …” (Wat is die dood? Wat maak dit saak? Die Hollanders vertel altyd …)

Het Ten Rhyne nie dalk gehoor: mak-n en kall-n nie?

Van hier af loop my gedagte so: loopn praatn word loop en praat word loop praat.

Vergelyk die semantiese verskil tussen:

hulle het geloop en gesing
hulle het geloop en sing
hulle het loop sing.

Let op die betekenisverlies van loop as hoofwerkwoord in die eerste van bostaande voorbeeldsinne, wat dui op die letterlike liggaamlike proses. In die eerste voorbeeld is loop ’n hoofwerkwoord, terwyl dit in die tweede en derde voorbeelde onderskeidelik ’n indirekte en direkte skakelwerkwoord is. Voorts wil ek argumenteer dat die direkteskakelwerkwoordkonstruksie die basiese Afrikaanse konstruksie is, en dat dit in oorsprong ’n Khoi-konstruksie is, en nie in oorsprong ’n Nederlandse konstruksie is nie, en ook nie ’n voorbeeld van die sogenaamde verbale hendiadis is nie.

Verbale hendiadis kan verduidelik word as die verbinding van woorde, soos substantiewe, adjektiewe of werkwoorde, byvoorbeeld vuur en vlam, kant en klaar, hy het gestaan en kyk, hy het gesit en wag. In Afrikaans word die werkwoorde staan, sit, en loop dikwels deur en indirek aan ’n ander werkwoord gekoppel, soos in sit en slaap. ’n Werkwoord soos kom kan direk aan ’n ander werkwoord gekoppel word sonder en, byvoorbeeld kom kuier. Die verbale hendiadis in Afrikaans word deur Kempen (1965:78) beskryf as: “(Dit) bestaan meesal uit drie lede, naamlik twee werkwoorde plus en, byvoorbeeld staan en slaap.”

Vreemd genoeg verwys FA Ponelis (1979:241) nie na hierdie soort konstruksies as verbale hendiadis nie, want hy onderskei aanvanklik tussen medewerkwoorde en wat hy skakelwerkwoorde, soos sit, staan en kom noem. Hy onderskei vervolgens tussen direkte skakelwerkwoorde, sonder en as bindpartikel, byvoorbeeld kom kuier, en dié met en, die mense staan en gesels. Dit is betekenisvol dat Ponelis die en as bindpartikel beskou, en nie as voegwoord nie.

Volgens Du Plessis (1984:133) is die indirekteskakelwerkwoordkonstruksie skaars in die Afrikaans van die Griekwas, wat impliseer dat die direkte konstruksie die basiese konstruksie in dié variëteit moet wees en dat die en as bindpartikel dalk nie ’n leksikale item met enige semantiese waarde is nie. Daarom is die en weglaatbaar. Indien dit waar is, is die skakelwerkwoordkonstruksie in Afrikaans nie afkomstig uit sewentiende-eeuse Nederlands nie, maar eerder, soos die -goed-konstruksie of die dubbele ontkenning, van Khoi-herkoms. Ek kon geen Nederlandse konstruksie kry soos hulle loop kuier nie. My vermoede is dat die Afrikaanse konstruksie loop en gesels nie Nederlands is nie en dat die en ’n blote verbindingsklank is na aanleiding van ’n nasale n wat dikwels in Khoi-tale ná ’n klapklank voorkom.

Hy loop en gesels
Hulle sit en praat
Die man staan en lag vir die kinders

Hierdie konstruksie kan daarom nie na Nederlands teruggevoer word nie, veral nie sonder die verbindings-en nie.

Hy loop gesels
Hulle sit praat
Die man staan lag vir die kinders

In Griekwaafrikaans, byvoorbeeld, is daar veel meer konstruksies met loop sonder en (Du Plessis 1984:134). Die vraag is daarom dat as bostaande voorbeelde nie voorbeelde van verbale hendiadis is nie, wat is dit dan en wat is die woordsoortfunksie van en?

Die vroegste voorbeeld van die Nederlandse verbale hendiadis vind ons in die Middelnederlandse teks van Karel ende elegastr:

lach ende sliep

wat in Afrikaans vertaal kan word as

gelê en (toe) geslaap

Dit lyk vir my egter of die voorafgaande voorbeeld uit Middelnederlands heeltemal ’n ander konstruksie is as die Afrikaans gelê en slaap. Die dieptestruktuur van die Afrikaanse konstruksie is iets soos lêende aan’t slape, terwyl die dieptestruktuur van die Nederlandse voorbeeld gepostuleer kan word as twee hoofsinne wat neweskikkend gekoppel word deur middel van en as neweskikkende voegwoord. Dit is hoekom Ponelis verkies om die en van die skakelwerkwoordkonstruksie ’n bindpartikel te noem.

Aangesien die direkte skakelwerkwoord in variëteite van Oranjerivierafrikaans frekwent gebruik word, volg dit dat ’n mens die oorsprong van die skakelwerkwoordkonstruksie in Khoi-Afrikaans sal gaan soek.

Vergelyk die volgende voorbeelde:

hulle loop en gesels
hulle sit en rus

Anzil Kulsen het twee moedertaalsprekers van Nama, Trudy Rhyn en Pia Vas, gevra om hierdie sinnetjies in Nama te vertaal. In die gesproke weergawe van die voorbeelde hieronder is die nasaalinvoeging duidelik.

//in ge !nu ‡si ra //gam
loop gesels

//in ge nu †si ra †sá
sit rus

Volgens die Nama/Damara-ortografie (1977:62) word die volgende sin so in Afrikaans vertaal as:

//Goe ra!â di ge ra ‡gam
lêende vra hulle

Dit is hierdie vertaling wat my interesseer, sowel as die Nama-voorbeelde. Die teenwoordige deelwoord lêende is klaarblyklik nie aanwesig in die Nederlandse sin nie, maar tog in sowel die Afrikaanse as in die Khoivoorbeelde. My vermoede is dat iets soos loop slaap in werklikheid ’n saamgestelde werkwoord kan wees, ontwikkel uit die Khoi-konstruksie. Op grond van die bespreking in die volgende afdeling is dit vir my moontlik dat dit ’n voorbeeld uit Voorposafrikaans, spesifiek Khoi-Afrikaans, is. Teen hierdie agtergrond kan sit kyk as ’n Khoi-konstruksie en as ’n saamgestelde werkwoord bestaande uit twee verbale elemente en dat dit vergelykbaar is met die Afrikaanse onskeibare saamgestelde werkwoord, soos deurloop of omskep. Verder het die indirekte konstruksie sit en kyk dieselfde onderbou as sit kyk. Die Khoi-nasaal n word as semanties leë en ingevoeg.

Hoe sou dié proses werk?

Vergelyk ’n Afrikaanse saamgestelde werkwoord, soos omhels. Party saamgestelde werkwoorde is skeibaar, soos optel en deursny, terwyl ander onskeibaar is, omhels en deurloop.

Hy omhels haar
Hy het haar omhels

Hy sitkyk haar
Hy het haar (ge)sitkyk

Hy het haar geloopkyk

Ek stel dit dat sitkyk, soos omhels, ’n onskeibaar saamgestelde werkwoord is. En dat die dieptestruktuur afgelei is uit Khoi, want: sitkyk is ’n Khoi konstruksie.

Die bo-segmentele patroon van sitkyk is dieselfde as dié van die onskeibaar saamgestelde werkwoord deurloop; sitkyk is onskeibaar en Nederlands het geen werkwoord + werkwoord as saamgestelde werkwoord nie.

As sitkyk dan Khoi van herkoms is, dan moet sit en kyk van dieselfde oorsprong wees. Dit hou in dat die indirekte skakelwerkwoord nie deur en as voegwoord of as bindpartikel aan die tweede element geskakel word nie. Dit is hoogs moontlik dat sit en kyk oorspronklik sitkyk was, en dat die sprekers van Veeboerafrikaans, in ooreenstemming met hulle gebrekkige kennis van Nederlands, gemeen het daar moet ’n verbindingsklank tussen die twee verbale elemente wees en toe die Khoi-nasaal ingevoeg het: sitnkyk, wat toe sit en kyk geword het.

Die Afrikaanse skakelwerkwoordkonstruksie sit en slaap is daarom nie ’n voorbeeld van die Nederlandse verbale hendiadis nie, maar eerder ’n voorbeeld van die Khoi se saamgesteldewerkwoord, vertaal as sitslaap. Vergelyk verder die volgende voorbeelde uit die Khoi-woordeboek van Haacke en Eiseb:

sit en rus < sàá‡nòá, letterlik russit
sit en slaap < //òm‡nòá slaapsit
sit en bak < sàà‡nòá baksit

Afrikaans sonder grense

Teen hierdie agtergrond begin Boezak se stapsit sin maak. Nie net omdat om dit iets oor die herkoms van Afrikaans vertel nie, maar ook iets oor moderne Afrikaans kan sê. In die lig van voorgaande bespreking van ’n moderne Afrikaanse taalkonstruksie, kan daar opnuut besin word oor wat ons eintlik met die betreklik nuwe term Afrikaans bedoel. Ten einde hierdie doel te bereik, kan daar verwys word na die navorsingswerk van Christo van Rensburg, soos vervat in sy laaste publikasies. In ’n poging om Afrikaans te herdefinieer, kan daar met vrug verwys word na Van Rensburg se seining van Afrikaans as aanleerdersvariëteit van vóór die koms van Van Riebeeck. Waar Van Rensburg op veral die sewentiene eeu konsentreer, kan dit sinvol wees om sy beskouing van die twee aanleerdersvariëteite op die Oosgrens by die gesprek van hierdie artikel oor die verbale hendiadis te betrek, want VanRensburg (2018:48 ev) identifiseer twee aanleerdersvariëteite op die Oosgrens, naamlik Khoi-Afrikaans en Veeboerafrikaans.

Myns insiens kan ’n ontleding van die Afrikaans en die Afrikaanse taalgemeenskap van die agtiende eeu op die Oosgrens ons help om Afrikaans en die Afrikaanse gemeenskap van vandag beter te verstaan.

In die eerste plek wil ek in aansluiting by Du Plessis (2015 en 20) die term Voorpos gebruik in plaas van die tradisionele Oosgrens omdat die term Oosgrens tradisioneel die niewit Afrikaanssprekendes van die tyd kan uitsluit. Voorpos sluit die totale binnelandse grensgebied van die 18de-eeuse Kaapkolonie tot aan die Gariep in. Voorpos word as term gebruik om juis meer in te sluit as die sogenaamde Oosgrens. So ’n siening sluit aan by dié van die Amerikaanse historikus, Frederick Jackson Turner, wat volgens Nigel Penn (1995:3) in 1893 'n lesing voor die American Historical Association in Chicago lewer onder die titel "The significance of the Frontier in American history". Turner se uitgangspunt is dat Frontier, of dan Voorpos in die Kaapse geval, nie net 'n plek nie, maar 'n toestand of 'n proses veronderstel. Die ongevestigdes in die betrokke gebied word tydens hierdie proses die gevestigdes as gevolg van die fisieke beweging van die inkommers. Die Kaapse Voorpos van die 18de eeu was, soos die Amerikaanse Frontier, 'n streek in konstante transformasie. (Vergelyk Du Plessis 2013 vir ’n vollediger bespreking hiervan.)

Op die Kaapse Voorpos het verskillende gemeenskappe mekaar in die loop van die 18de eeu intiem ontmoet, omdat die mense op mekaar aangewese was vir oorlewing. Dit het ook vir linguistiese oorlewing gegeld, want Afrikaans was die bindende kommunikasietaal. Die omgewing, die aard van die veebedryf en die gemeenskaplike gebruik van meer as een vroeë variëteit van Afrikaans bind die Voorpos se mense saam in ’n transformerende, nuwe gemeenskap. Dit is wat Van Rensburg (2015a:7) impliseer as hy aanvoer dat die Oosgrens die bakermat van Afrikaans is. Nederlands was die gemeenskaplike teikentaal van die Afrikaanse dialeksprekers op die Voorpos.

Die punt is dat die inwoners van die Voorpos in die 18de eeu byna deur die bank Afrikaanssprekend was, maar dit moet beklemtoon word dat hierdie primêre taalgemeenskap nie etnies homogeen was nie en volgens verskillende oorwegings ook taalkundig gedifferensieer was. Die Voorpos was nie die tuiste van ’n homogene wit gemeenskap nie. Die diverse gemeenskap sluit Boesmans, Khoi, Oorlams, Basters, Trekboere en Veeboere in (vergelyk Penn 1995). Daar was dus heelwat gemeenskappe wat deel gevorm het van die Afrikaanssprekende Kaapse Voorpos. Daar was net ’n beperkte aantal slawe.

Die Afrikaanssprekende Voorposgemeenskap kan egter moeilik in etniese groepe verdeel word, want die grense tussen mense mag sosioekonomies gewees het, maar dit was nie volgens rasselyne getrek nie (vergelyk Du Plessis 2013).

Dit is hierdie diverse Afrikaanse gemeenskap waarna ek in 1992 (Du Plessis, 1992:8) verwys het as die Afrikaanses, naamlik die totale Afrikaansprekende moedertaalgemeenskap.

Wat my betref, is die term Afrikaanses daarom ’n sambreelterm vir die Afrikaanse mense van die 18de-eeuse Voorpos, en dit sluit die Afrikaanse gemeenskappe en al hulle variëteite van Afrikaans in.

Die basis van Voorposafrikaans is nie net Nederlands nie. Op grond hiervan is Afrikaans ’n inheemse taal, een van die tale van Afrika. Afrikaans is van die begin af ’n kontinuum van aanleerdersvariëteite, en Afrikaans en die Afrikaanses is vandag nog dieselfde kontinuum wat grafies voorgestel kan word:

Gevolgtrekking

Op grond van ’n ander ontleding van die sogenaamde verbale hendiadis in moderne Afrikaans blyk die herkoms van hierdie konstruksie duidelik nie Germaans te wees nie, maar in oorsprong ’n Khoi sintaktiese konstruksie. Hieruit volg ’n herdefinisie van die Afrikaans van die agtiende eeu, wat ’n herdefinisie van moderne Afrikaans moontlik maak: Afrikaans sonder grense.

Bibliografie

Boezak, Willa. In Carstens en Le Cordier.

Carstens, W.A.M. en Michael Le Cordeur (reds.). 2016. Ons kom van vêr. Kaapstad: Naledi.

Den Besten, H. 2006. Neerlandismen, pidginismen en Afrikaans in brieven van twee Khoekhoen uit 1800. Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans 13: 30-42.

Du Plessis, Hans. 1984. Sintaktiese variasie in die Afrikaans van Griekwas. In: Van Rensburg, 1984.

Du Plessis, Hans.1992. En nou Afrikaans? Pretoria: Van Schaik.

Du Plessis, Hans. 2013. Die Groot Trek 175, Storie of historie? Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 53 No. 3: September 2013.

Du Plessis, Hans. Afrikaans, gekry of gemaak? Tydskrif vir Nederlands & Afrikaans, 22ste jaargang (2015) 2de uitgawe. 71-89.

Giliomee, Herman. 2009. The Afrikaners. Kaapstad: Tafelberg.

Haacke, Wilfrid H.G. en Eliphas Eiseb. Khoekhoegowab dictionary. Windhoek: Gamsberg Macmillan.

Kempen. W. 1965. Woordvorming en funksiewisseling in Afrikaans. Kaapstad: Nasionale Boekhandel.

Nama/Damara Taalraad. 1977. Nama/Damara Ortografie/ Nr2.

Penn, Nigel, G. 1995. "The Northerh Cape Frontier zone", 1700-c.1815. Ongepubliseerde Ph.D., Universiteit van Kaapstad.

Ponelis, F.A. 1979. Afrikaanse sintaksis. Pretoria: Van Schaik.

Van Rensburg, Christo. 1984. "Die Afrikaans van die Griekwas in die tagtigerjare." Pretoria, Ongepubliseerde verslag . Pretoria: RGN.

Van Rensburg, Christo. 2015. Oor die eerste 50 jaar se maak aan Standaardafrikaans. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 55(3):319-42. http://www.scielo.org.za/pdf/tvg/v55n3/01.pdf.

Van Rensburg, Christo. 2018. Van Afrikaans gepraat. Pretoria: Lapa.

 

  • Hans du Plessis: Navorsingsgenoot, Navorsingseenheid Taal en Literatuur in die Suid-Afrikaanse konteks, Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus

Van Afrikaans gepraat: ’n onderhoud met Hans du Plessis

The post Herkomsseminaar: Afrikaans sonder grense appeared first on LitNet.


Mediavrystelling: Taalmonument bied gevorderde klasse oor boekherstel en -bindery

$
0
0

Kort op die hakke van ʼn hoogs suksesvolle inleidende kursus oor die herstel van boeke, bied die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) in die Paarl weer ʼn kursus, met die fokus op gevorderde tegnieke soos leerbind- en bladgoudwerk, vanaf 28 tot 30 Oktober 2019 aan. Die boekherstelspesialis George Wentzel se kursus is geskik vir beginners én deelnemers wat reeds basiese boek- en papierherstelwerk onder die knie het. Wentzel, 'n gekwalifiseerde meesterboekbinder met meer as 45 jaar se ondervinding, het voorheen in die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika se boekbewaringsafdeling gewerk. Sy passie is om hierdie skaars vaardigheid te onderrig en hy het al meer as 40 rampbestuur- en boekbindwerkwinkels oor die land aangebied.

Tydens die tweetalige driedagkursus sal deelnemers onder meer drie boeke maak, Solanderbokse bou, stikwerk van bladsye doen en baie meer oor boekherstelwerk leer. Ingesluit is basiese konsepte, werksprosedures asook demonstrasies van en praktiese oefeninge in skutblaaie, boekbindwerk, leerbindwerk, omhulsel afronding en bladrugsteun.

Die kursus kos R1 750 per persoon wat ʼn sertifikaat van bywoning en ʼn stel basiese gereedskap insluit. Dit vind daagliks van 09:00 tot 16:00 in die Besoekersentrum se konferensielokaal by die by die Taalmonument plaas. Koffie en tee is ingesluit, maar deelnemers moet vir hul eie middagete sorg of van die koffiewinkel gebruik maak.

“Dit was professioneel, pret en uitstekend,” het een deelnemer, Elsette Strachan, rakende die inleidende kursus in Julie 2019 gesê. “Ek het veral die praktiese sessies geniet en ʼn nuwe vaardigheid verkry,” het ʼn ander deelnemer, Slindokuhle Tshisevhe, bygevoeg. Die 16 deelnemers het almal vir Wentzel uitgesonder as ʼn besonder dinamiese en plesierige aanbieder.

Vir besonderhede en besprekings, kontak Jeffrey Pietersen by 021 872 3441 of stuur ʼn e-pos na bemarking2@taalmuseum.co.za. Sien meer oor die vorige kursus op die Taalmonument se webtuiste en Facebook-blad.

Die ATM bied jaarliks ʼn reeks kursusse en werkswinkels aan wat fokus op die ontwikkeling van basiese vakkundige vaardighede. Vanjaar se program sluit onderwerpe soos argivering, taaltoerisme en stersirkelsfotografie in. Voorstelle vir bykomende werkswinkels oor soortgelyke onderwerpe is welkom. Sien www.taalmonument.co.za vir meer en volg hulle op Facebook vir al die ander opwindende geleenthede wat by die Taalmonument plaasvind.

Hard on the heels of a highly successful introductory course on book restoration, the Afrikaans Language Museum and Monument (ATM) in Paarl once again offers a course focusing on advanced techniques such as leather binding and gold-foiling from 28 to 30 October 2019. Book repair specialist George Wentzel's course is suitable for beginners AND participants who have already acquired the basics of book and paper conservation. Wentzel, a qualified master bookbinder with over 45 years of experience, previously worked in the National Library of South Africa’s book conservation section; his passion is teaching this scarce skill, and he has conducted over 40 disaster management and bookbinding workshops all over the country.

During the three-day, bilingual course participants will amongst others create three books each, construct Solander boxes, sew flat sheets and learn a lot more about repairing books. Included are basic concepts, working procedures as well as demonstrations of and practical exercises in end papering, binding, leather binding, casing rounding and backing.

The course fee, including a certificate of attendance and basic tool kit, is R1 750 per person and the workshop takes place from 09:00 to 16:00 daily in the Visitor Centre’s conference room at the Taalmonument. Tea and coffee are included, but participants must bring their own lunch or make use of the coffee shop.

“It was professional, fun and excellent,” said one participant, Elsette Strachan, regarding the introductory course in July 2019. “I especially enjoyed the practical sessions and have gained a new skill,” added another participant, Slindokuhle Tshisevhe. The 16 participants all pointed out that Wentzel is a dynamic and pleasant presenter.

For details and bookings, contact Jeffrey Pietersen on 021 872 3441 or send an e-mail to bemarking2@taalmuseum.co.za. See more regarding the previous course on the Taalmonument’s website and Facebook page.

The ATM annually presents a series of courses and workshops focusing on the development of basic professional skills. This year’s programme includes subjects such as archiving, language tourism and star trails photography. Anyone interested in related subjects are welcome to make suggestions for additional workshops. See www.taalmonument.co.za for more information and follow them on Facebook for the other exciting events happening at the Taalmonument.

The post Mediavrystelling: Taalmonument bied gevorderde klasse oor boekherstel en -bindery appeared first on LitNet.

Persverklaring: Dans van die vlamme aan die brand by Taalmonument

$
0
0

ʼn Nag van vlamme, vuur en natuur is die lig aan die einde van die jaartonnel wanneer die gewilde Psychedelic Theatre op Saterdag, 28 Desember 2019, by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl optree. Die grasieuse vuurdansers en hul verskeie vlammende voorwerpe sal die gehoor vir ʼn uur betower met asemrowende vuurtoertjies, musiek en choreografie. Dus kom geniet ʼn onmisbare somersaand met vriende, familie en pieknieks tydens die twaalfde ‘Dans van die Vlamme’-opvoering.

Lanél van der Kolff, aktrise en stigter van die Psychedelic Theatre, asook haar talentvolle mededansers sien immers daarna uit om inwoners, toeriste én vakansiegangers by die Taalmonument te verwelkom vir ʼn onvergeetlike vertoning wat jou verbeelding sal oortref. Die waaghalsige toertjies en storievertelling sal jou sensoriese stimuli verryk, want die visuele voorstelling wissel van fisieke teater tot interaktiewe vuurspel wat jou na ʼn ander vlak van teaterervaring sal meevoer. Om ʼn idee te kry van hierdie aande se pragtige uitsigte, ongelooflike sonsondergange, piekniek én vuurdansbelewenisse, kyk hier na hul vorige optredes.

Die hekke open om 17:00 en die vertoning self begin om 20:00 sodra die son groet. Besoekers is welkom om hul eie drankies (geen glas) en piekniekmandjies saam te bring of een vooraf by die koffiewinkel (R300 vir twee persone of R400 met ’n mandjie ingesluit) by 021 863 2800 te bestel. Dit sal ook oop wees vir koffie en ligte verversings asook pizza. Geen rook en stoele word in die Tuinteater toegelaat nie. Onthou om ’n kombers of kussing en warm klere te bring. Besoekers word aangemoedig om die omgewing en monument te verken, en het ook toegang tot veilige parkering, buitelugspeletjies, kinderspeelparke asook ’n gedigte-uitstalling in die buitelug.

Kaartjies is vooraf te koop by Computicket en by die Taalmonument teen R100 vir volwassenes, R80 vir Suid-Afrikaanse studente/pensioenarisse en R50 vir kinders onder 13 jaar (gratis onder 3 jaar). Op die dag self is kaartjies te koop teen R120 vir volwassenes, R100 vir Suid-Afrikaanse studente/pensioenarisse en R60 vir kinders onder 13 jaar (gratis onder 3 jaar).

Vir verdere inligting oor hierdie en ander geleenthede (soos die volmaan- en sterrekykpieknieks), skakel 021 863 0543/4809 of besoek www.taalmonument.co.za en www.facebook.com/afrikaansetaalmonument. Die konserte hierdie seisoen sluit Krismis met die Sterre (30 November), The Rockets (24 Januarie 2020), die groot 45ste verjaardagfees (28/29 Februarie) asook die Taalmonument Koorfees (15 Maart) in.

The post Persverklaring: Dans van die vlamme aan die brand by Taalmonument appeared first on LitNet.

Persvrystelling: Verwelkom die Jagter by ikoniese Taalmonument – Sterrekykpiekniek se fokus is op die sterrebeeld Orion

$
0
0

Kapenaars en besoekers kan hierdie Desember die skitterende sterrehemel – spesifiek die Jagter, ook bekend as Orion – van nader leer ken tydens ’n somerpiekniek op Paarlberg op Saterdag, 21 Desember 2019.

Dit beloof om weereens ’n feestelike aand in die beeldskone omgewing te wees; boonop is ’n pragtige sonsondergang en ’n gratis begeleide toer van die ikoniese beeldhouwerk ingesluit én is die aand ten bate van ’n goeie saak.

Besoekers kan die sterrehemel verken met behulp van Orion Observasie Groep (OOG) se lede wat graag hul kennis en teleskope gratis deel. Die fokus is op Orion, wat vroegaand in die ooste sigbaar is en bekend is om sy pragtige newel. Orion was volgens Griekse mitologie ’n reus en jagter wat deur Zeus tussen die sterre geplaas is.

Die pieknieks is baie gewild onder plaaslike inwoners en oorsese besoekers wat veral die mooie vergesigte van die valleie, berge en skiereiland geniet. Die tema is “Verwelkom die Jagter” en die piekniek begin om 18:00. Die begeleide toer van die monument is om 18:30 en besoekers kan van 20:00 tot 22:30 deur die teleskope na die hemelruim tuur.

Gaste is welkom om hul eie piekniekmandjies te bring of een vooraf te bestel (R300 vir twee persone of R400 met ’n mandjie ingesluit) by die koffiewinkel op 021 863 2800. Dit sal ook oop wees vir koffie en ligte verversings asook pizza.

Veilige parkering is beskikbaar en toegang word beheer. Onthou asseblief verkykers en warm kleding. Besoekers word aangemoedig om die omgewing te verken en daar is buitelug-speletjies en speelparke vir die kinders.

Die piekniekreeks word aangebied ten bate van “Laat ons Lees!”, die Taalmonument se geletterdheidsprojek vir kinders, derhalwe word piekniekgangers versoek om nuwe of tweedehandse kinderboeke ter ondersteuning van dié projek te skenk.

Die toegangsprys is R50 per volwassene en R10 per kind; kaartjies is by Computicket of die hek beskikbaar, maar bespreking (021 863 0543/4809) is noodsaaklik sodat daar vir genoeg teleskope voorsiening gemaak kan word.

  • Sterrekykpieknieks sal helaas gekanselleer word indien die weer nie saamspeel nie – skakel 073 853 3100 of 083 544 6510 vir weernavrae. 
  • Voorafgekoopte kaartjies kan oorgedra of vergoed word.

Vir meer inligting oor al die ander opwindende geleenthede, konserte en kursusse by die Taalmonument (wat in 45 jaar in 2020 vier), skakel 021 872 3441/863 0543, besoek www.taalmonument.co.za of volg hulle op Facebook.

Die volgende Sterrekykpieknieks is op 18 Januarie, 22 Februarie en 21 Maart 2020.

............

Greet the Hunter at iconic Taalmonument – Stargazing picnic focuses on Orion constellation

Locals and visitors can get to know the glittering night sky – specifically the Hunter, also known as Orion – better during a summer picnic on Paarl Mountain on Saturday, 21 December 2019.

It promises to once again be a festive evening in the beautiful setting; in addition, a spectacular sunset and a free guided tour of the iconic sculpture is included, and the evening is in aid of a good cause.

Visitors can explore the starry skies with the help of Orion Observation Group (OOG) members who like to share their knowledge and telescopes for free. The focus is on Orion, which is visible early in the evening in the east, and known for its beautiful nebula. According to Greek mythology, Orion was a giant and hunter placed among the stars by Zeus.

The picnics are very popular with locals and overseas visitors who especially enjoy the beautiful views of the valleys, mountains and peninsula. The theme is “Greet the Hunter” and the picnic starts at 18:00. The guided tour of the monument is at 18:30, and visitors can stare into the skies from 20:00 to 22:30.

Guests are welcome to bring their own picnic baskets or pre-order one (R300 for two people or R400 with a basket included) at the coffee shop on 021 863 2800. It will also be open for coffee and light refreshments as well as pizza. Safe parking is available and entry is controlled.

Please remember binoculars and warm clothing. Visitors are encouraged to explore the area, and there are outdoor games and playgrounds for the children.

The picnic series is in aid of “Let’s Read!”, the Taalmonument’s literacy project for children, and therefore picnic-goers are requested to donate new or second hand children's books in support of this project. The entrance fee is R50 per adult and R10 per child; tickets are available at Computicket or the gate, but booking (021 863 0543/4809) is essential to ensure sufficient telescopes.

  • Unfortunately, Stargazing picnics will be cancelled if the weather doesn’t play along – call 073 853 3100 or 083 544 6510 for weather inquiries. 
  • Pre-bought tickets can be transferred or reimbursed.

For more information on all the other exciting events, concerts and courses at the Taalmonument (which is celebrating 45 years in 2020), call 021 872 3441/863 0543, visit www.taalmonument.co.za or follow them on Facebook.

The next Stargazing picnics are on 18 January, 22 February and 21 March 2020.

The post Persvrystelling: Verwelkom die Jagter by ikoniese Taalmonument – Sterrekykpiekniek se fokus is op die sterrebeeld Orion appeared first on LitNet.

Persverklaring: Grondwoorde van ver vind tuiste in Paarl

$
0
0

Taalmonument se 45ste jaar spring weg met KZN-leerders se digkuns

Op dae wanneer ons doodbang is, laat ons obafana staan. 
Hy skiet bliksemstrale en rommel dan. 
Weerspieël dit terug in die lug, 
omdat hy te bang is om man tot man te veg. 
    – Amandiso Diko

Om op ’n skeppende noot mee weg te spring vir die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se 45ste bestaansjaar in 2020, is die instelling verheug om die werke van Grondwoorde 2019 se wenners in die Groen Galery uit te stal. Hierdie digkompetisie vir hoërskoolleerders in KwaZulu-Natal lok veral nie-moedertaalsprekers en het sedert 2016 so vinnig gegroei dat dit nou in ’n junior en senior afdeling verdeel is.

Groen Galery by Taalmonument (Foto: verskaf)

Volgens Michael Jonas, ATM direkteur, is die instelling ’n lewende monument waar daar gedurig ’n interaksie tussen die struktuur, natuur, besoekers en taalskeppers is.

“Ons gee graag aan opkomende skrywers, musikante en digters die kans om hul werk aan ’n groter gehoor bloot te stel. Die meeste besoekers is nie net baie geïnteresseerd in die geskiedenis van Afrikaans nie, maar ook nuuskierig oor die taal se ontwikkeling en haar jongste skeppende gedaantes aangesien dit nuwe perspektiewe bied op die bestaanswêreld van Afrikaanssprekende Afrikane.”

Grondwoorde se organiseerder, Wouter Gildenhuys, sê die doel van die kompetisie is om Afrikaans te bevorder, aspirantdigters te ondersteun en om brûe tussen leerders van meer diverse groepe te bou. Om in te skryf, moes leerders drie gedigte oor Gandhi, grond en Zoeloe mites/volksverhale instuur.

Die algehele senior-wenner was Amandiso Diko van Ganges Sekondêre Skool (met naaswenners Zen Olivier en Alaika Seepye) en die algehele junior-wenner Tiana Maritz van Hoërskool Pionier (met naaswenners Diva Luckan en Tinkie Zaayman). Nikita Perumal, Michaela Claassen, Jessica Janse van Vuuren, Thinus Bester, Tasme Ramsamooj en Annetjie van der Merwe het die ander pryse verower. Die werke van die wenners asook van talle ander deelnemers, is in ’n digbundel opgeneem wat te koop is.

Die argitek van die monument, Jan van Wijk, het sterk gevoel oor die natuur en daarom word hy vereer deur dié buiteluggalery waar sy as in ’n rots ingemessel is, knus omring deur inheemse olienhout en graniet. ’n Uitstalling van verskeie opkomende Afrikaanse skrywers word elke paar maande in dié galery se uitstalkaste van herwonne hout en glas aangebied om hiermee op die monument se kulturele én natuurlike aspekte te fokus. Sien www.taalmuseum.co.za/groen-galery/ vir die jongste en vorige uitstallings.

Die publiek kan Grondwoorde se uitstalling vanaf 2 Januarie 2020 vir ’n paar maande besigtig. Die monument, wat ook die beginpunt van die Paarl se Boomroete is, is daagliks oop van 08:00 tot 17:00. Toegang is R40 vir volwassenes, R10 vir SA studente/pensionarisse en R5 vir kinders (gratis onder ses jaar). Oudiogidse in verskeie tale asook gratis begeleide toere is beskikbaar en die monument bied ook ’n speelpark vir kinders, staproetes en ’n heerlike restaurant.

  • Vir navrae oor die monument of om meer te wete te kom oor die talle gewilde geleenthede en afslagpryse, ook rakende die ATM se 45-jarige feesvieringe, besoek www.taalmonument.co.za of hul Facebookblad. 
  • Meer oor Grondwoorde en die digbundels kan via Facebook “grondwoorde” gevind word of stuur ’n e-pos aan gildenhuys.wouter@gmail.com

Grondwoorde groei uit KwaZulu-Natal: ’n onderhoud oor ’n Afrikaanse gedigkompetisie

Grondwoorde: ’n digkompetisie vir hoërskoolleerlinge in KwaZulu-Natal

Wenners van die Grondwoorde 2019-digkompetisie aangekondig!

 

...............

Distant words of the soil find a home in Paarl
Taalmonument’s 45th year kicks off with KZN learners’ poems

Op dae wanneer ons doodbang is, laat ons obafana staan. 
Hy skiet bliksemstrale en rommel dan. 
Weerspieël dit terug in die lug, 
omdat hy te bang is om man tot man te veg. 
    – Amandiso Diko

To kick off the Afrikaans Language Museum and Monument’s (ATM's) 45th anniversary on a creative note, the institution is delighted to exhibit the works of the Grondwoorde 2019 winners in its Groen Galery. This poetry competition for high school learners in KwaZulu-Natal attracts especially non-mother tongue speakers and has grown so rapidly since 2016 that it now entails a junior and senior division.

According to Michael Jonas, ATM director, the institution is a living monument where there is a continuous interaction between the structure, nature, visitors and language creators.

“We like to give up-and-coming writers, musicians and poets a chance to expose their work to a larger audience. Most visitors are not only very interested in the history of Afrikaans, but also curious about the language’s development and her latest creative incarnations as it offers new perspectives on the worlds of Afrikaans-speaking Africans.”

Grondwoorde organiser Wouter Gildenhuys says the aim of the competition is to promote Afrikaans, support aspiring poets and build bridges between learners from more diverse groups. To participate, learners had to submit three poems about Gandhi, land and Zulu myths/folk tales.

Die overall senior winner was Amandiso Diko of Ganges Secondary School (with Zen Olivier and Alaika Seepye the runners-up) and the overall junior winner Tiana Maritz of Hoërskool Pionier (with Diva Luckan and Tinkie Zaayman the runners-up). Nikita Perumal, Michaela Claassen, Jessica Janse van Vuuren, Thinus Bester, Tasme Ramsamooj and Annetjie van der Merwe won the other prizes. The works of the winners as well as of those of many other participants were included in an anthology of poems that is for sale.

The architect of the monument, Jan van Wijk, felt strongly about nature and therefore he is honoured by this open-air gallery where his ashes are embedded in a boulder, surrounded by indigenous olive trees and granite. Every few months an exhibit of various upcoming Afrikaans writers’ works is presented in the gallery's display cases, made from recycled wood and glass, to focus on the cultural and ecological aspects of the monument. See www.taalmuseum.co.za/groen-galery/ for the latest and previous exhibitions.

The public can view the Grondwoorde exhibition for a few months, starting on 2 January 2020. The monument, which is also the starting point of Paarl’s Tree Trail, is open daily from 08:00 to 17:00. Access is R40 for adults, R10 for SA students/pensioners and R5 for children (free under six years). Audio guides in various languages as well as free guided tours are available, and the monument also offers a playground for children, hiking trails and a restaurant.

  • For inquiries about the monument or to find out more about the many popular events and discounts, including those for the 45th year celebrations, visit www.taalmonument.co.za or its Facebook page. 

The post Persverklaring: Grondwoorde van ver vind tuiste in Paarl appeared first on LitNet.

Persvrystelling: Vier saam-saam Taalmonument se 45ste jaar in 2020

$
0
0
’n Fabelagtige fees vir oud en jonk wink op die pragtige Paarlberg

Die ikoniese Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se feesjaar spring op 28 en 29 Februarie 2020 weg met ’n naweek van musiek, stories, kindervermaak en ’n mark op die wonderskone Paarlberg. Daar is boonop ’n pretstap, joga, jazz en digkunsklas om te verseker álmal het ’n prettige manier om een van Afrika se jongste tale te vier. Die veeltalige, multikulturele program sal Afrikaans in al haar pragtige gedaantes laat pronk om sprekers en nie-sprekers met ’n unieke, gesellige gees te omarm.

Vrydagaand die 28ste is Akkedis Band se Afrikaanse rockmusiek met ’n stewige skeut Afrika-, reggae en blues invloede eerste aan die beurt. Op hul hakke volg Die Heuwels Fantasties se futuristiese elektronika ineengevleg met subtiele kitaarelemente en intelligente lirieke. Drank- en kosstalletjies beskikbaar; onthou warm klere en komberse.

Saterdag, Skrikkeldag, begin met ’n “45 Minute vir Afrikaans”-pretloop waartydens deelnemers stap-stap die pragtige fynbosbedekte berghange en onbekende paadjies kan verken. Diegene wat dit binne 45 minute voltooi, ontvang goue medaljes, maar talle geluktrekkings met kontantpryse is op die spel vir álmal.

’n Kos-, kuns- en kunsvlytmark sal in talle behoeftes voorsien terwyl “Groen en Gesond in die Groen Galery” (die buiteluggalery tussen die rustige granietrotse en olienhoutbome waar opkomende Afrikaanse skrywers se werk uitgestal word) aan dieper behoeftes aandag gee. Die bekende woordwonderwerker Diana Ferrus bied ’n meestersdigkunsklas vir een en almal aan, maar vir diegene wat meer poëties met hul lywe wil omgaan, is ’n jogaklas die Zen-ste opsie.

Diana Ferrus

Naas die speelparke en buitelugspeletjies vir kinders, hou ’n paar energieke oppassers die jongspan uit die kwaad met ’n poppekasvertoning, gesigverf en meer. Dit terwyl die res die klassieke klanke van Paarl Vallei Eisteddfod se talentvolle musikante aanhoor aan die voet van die indrukwekkende, simboliekgelaaide beeldhouwerk wat erkenning aan Afrikaans se Europese, Suidoos-Asiatiese en Afrika-wortels gee.

Die middagprogram om 13:00 sluit ’n kort verwelkoming deur Jawaahier Pietersen, akteur en sanger, asook Michael Jonas, direkteur, in. Daarna spring Jaloersbokkies op die verhoog, so eg Kaaps soos breyani en koesisters, soos ghoema en winterreën. Volgende is Vito Heyn oftewel V.I.T.O aan die beurt. Dié jong rymkletser van Namakwaland maak vinnig opgang danksy sy oorspronklike inheemse Nam-Afrikaanse lirieke en boheemse styl.

V.I.T.O

Elias P Nel, die “bek sonner brieke” is die bobaasstorieverteller wat almal aan sy lippe laat hang danksy verhale gevul met bittersoete én uitbundige humor. The Unknown Dance Crew volg hom op; gewapen met handskoene en maskers, vergas en verras dié groep malse teatrale dansers hul gehore keer op keer met hul onverwagse, snelvloeiende uitvoerings op die maat van oorspronklike musikale kombinasies.

Elias P Nel

En dan is dit Jak de Priester. Sedert hierdie sanger en digter se debuutalbum het talle nommer-een radiotreffers, toekennings, benoemings en suksesvolle albums gevolg – hoor self waarom “Jak” en “sangsensasie” gewoonlik in dieselfde asem genoem word.

Jak de Priester

Nog ’n hoogtepunt van die dag is die jazzkonsert in die Tuinteater, die perfekte klankbaan vir ’n soel laatmiddag. Lungelo Motaung, oftewel Lungi, is ’n gewilde kunstenaar by musiekveneus en word geloof vir haar vokale reikwydte, verhoogpersoonlikheid en interpretasie van ’n wye verskeidenheid items.

Lungelo Motaung

Daarna volg Ramon Alexander, ’n musikale maestro wat nuwe lewe in Kaapse jazz blaas met oorspronklike komposisies en vingers wat flatervry oor die klavier se akkoorde gly. ’n Weergalose sononder-bederf is dus op hierdie skrikkeldag-spyskaart!

..........

Die Taalmonument bestuur onder meer ’n geletterdheidsprojek, het ’n skool “aangeneem” ten bate van Nelson Mandela en borg gratis vervoer na die monument. Deur bloot die feesgeleenthede by te woon, ondersteun gaste die uitreikprogramme, so byvoorbaat “Baie Dankie!” Gaste word ook aangemoedig om ’n nuwe of tweedehandse kinderboek aan die Besoekersentrum te skenk ter ondersteuning van die “Laat ons Lees!”-projek.

..........

  • Kaartjies (R150/R70 vir Vrydag en R80/R40 vir Saterdag) is vooraf te koop by die Taalmonument op Paarlberg, by die Taalmuseum in Paarl (021 872 3441/863 0543) en aanlyn via Computicket (www.computicket.co.za). 
  • Vir meer oor al die ander opwindende geleenthede, buiten die 2020-vieringe, by die Taalmonument, skakel 021 863 0543/4809, besoek www.taalmonument.co.za of volg hulle op Facebook. 
  • Jaarpermitte is beskikbaar teen R120 vir individue of R220 per gesin, wat toegang tot alle volmaanpieknieks insluit.
  • Foto’s: verskaf

..........

Celebrate the Taalmonument’s 45th anniversary in 2020 
A fabulous festival awaits young and old on the beautiful Paarl Mountain

The iconic Afrikaans Language Museum and Monument’s festival year kicks off on 28 and 29 February 2020 with a weekend of music, stories, children’s entertainment and a market on the pretty Paarl Mountain. There is also a fun walk, yoga, jazz and poetry class to ensure everyone enjoys celebrating one of Africa’s youngest languages. The multilingual, multicultural program will showcase Afrikaans in all its beautiful forms, reminding speakers and non-speakers of the unique, welcoming spirit of this plucky language.

Friday evening 28th, Akkedis Band’s Afrikaans rock, infused with African, reggae and blues sounds, gets everyone in the party mood. Hot on their heels, Die Heuwels Fantasties’ futuristic electronics are intertwined with subtle guitar elements and intelligent lyrics. Beverage and food stalls available; remember warm clothes and blankets.

Die Heuwels Fantasties

Saturday, Leap Day, begins with a “45 Minutes for Afrikaans” fun walk during which participants can explore the beautiful fynbos-covered mountain slopes and unknown trails step by step. Those who complete it within 45 minutes receive gold medals, but numerous cash prizes are on offer for all participants.

A food, arts and crafts market will cater to many needs, while “Green and Serene in the Green Gallery” (the outdoor gallery between the tranquil granite rocks and olive groves where the works of emerging Afrikaans writers are exhibited) addresses deeper needs. The well-known wordsmith Diana Ferrus offers a master of poetry class for one and all, but for those who want to stretch their bodies more poetically, a yoga class is the Zen-est option.

In addition to the children’s playgrounds and outdoor games, energetic child-minders will keep the young ones out of harm’s way with a puppet show, face painting and more. This while the rest can listen to the classic sounds of Paarl Valley Eisteddfod’s talented musicians at the foot of the impressive, symbolically laden sculpture that recognises Afrikaans’s European, Southeast Asian and African roots.

The afternoon programme at 13:00 includes a short welcome by Jawaahier Pietersen, actor and singer, as well as Michael Jonas, director. Then Jaloersbokkies, as Kaaps as breyani and koesisters, like ghoema and winter rain, hops onto the stage. Next up is Vito Heyn, or V.I.T.O, with his first for Afrikaans. This young rapper from Namaqualand is a rising star thanks to his original indigenous Nam-Afrikaans lyrics and bohemian style.

Elias P Nel, the “bek sonner brieke” is the master storyteller who has everyone hanging on his every word with stories filled with bittersweet and exuberant humour. The Unknown Dance Crew follows him; armed with gloves and masks, this group of crazy theatrical dancers surprise their audiences time and time again with their unexpected, fast-paced performances tailored to original musical combinations.

And then Jak de Priester takes to the stage. Since his debut album, numerous number one hits, accolades, awards, nominations and successful albums have followed - listen why “Jak” and “song sensation” are usually mentioned in the same breath.

Another highlight of the day’s programme is the Jazz Concert in the Garden Theatre; the perfect soundtrack to a balmy late afternoon. Lungelo Motaung, or Lungi, is a popular artist at music venues and is praised for her vocal range, stage personality and interpretation of a wide variety of items.

Next up is Ramon Alexander, a musical maestro who breathes new life into Cape jazz with original compositions and fingers that glide smoothly over the piano’s chords. Therefore, an unrivalled sunset dessert awaits on this leap day menu!

..........

The Taalmonument manages, among other things, a literacy project, “adopted” a school in honour of Nelson Mandela and sponsors free transport to the monument. By simply attending the festival events, guests support the outreach programs, so a big thank you in advance. Guests are also encouraged to donate a new or second hand children’s book to the visitor centre in support of the “Let’s Read!” project.

..........

  • Tickets (R150/R70 for Friday and R80/R40 for Saturday) can be purchased in advance at the Taalmonument in Paarlberg, at the Taalmuseum in Paarl (021 872 3441/863 0543) and online via Computicket (www.computicket.co.za).  
  • For more information on all the other events, apart from the 2020 celebrations, at the Taalmonument, call 021 863 0543/4809, visit www.taalmonument.co.za or follow them on Facebook. 
  • Annual permits are available at R120 for individuals or R220 per family, which includes access to all full-moon picnics.
  • Photos: provided

The post Persvrystelling: Vier saam-saam Taalmonument se 45ste jaar in 2020 appeared first on LitNet.

Persvrystelling: Pak die Bul by die horings by ikoniese Taalmonument – Sterrekykpiekniek fokus op Taurus en sy rooi oog

$
0
0

Kapenaars en besoekers sal die skitterende sterrehemel – spesifiek die sterrebeeld van die Bul (Stier) en sy kenmerkende rooi oog – van nader leer ken tydens ’n somerpiekniek op Paarlberg op Saterdag, 22 Februarie 2020.

Dit beloof om weereens ’n feestelike aand in die beeldskone omgewing te wees; boonop is ’n pragtige sonsondergang en ’n gratis begeleide toer van die ikoniese beeldhouwerk ingesluit én is die aand ten bate van ’n goeie saak.

Besoekers kan die sterrehemel verken met behulp van Orion Observasie Groep (OOG) se lede wat graag hul kennis en teleskope gratis deel. Die tema is “Ons pak die Bul by die horings”, want die fokus is noordwaarts op die sterrebeeld van die Bul met sy kenmerkende oog, die rooi reus Aldebaran.

Foto: Pixabay.com

Dié rooierige ster is baie ouer as ons Son en het al sy primêre brandstofvoorraad, naamlik waterstof, opgebruik. Twee van die naaste oop sterreswerms aan die aarde, die Pleiades en die Hiades, kom ook in die Bul voor – albei kan met die blote oog gesien word.

Die pieknieks is baie gewild onder plaaslike inwoners en oorsese besoekers wat veral die mooie vergesigte van die valleie, berge en skiereiland geniet. Dit begin om 18:00, met ’n begeleide toer van die monument om 18:30 waarna besoekers van 20:00 tot 22:30 deur die teleskope na die hemelruim kan tuur.

Gaste is welkom om hul eie piekniekmandjies te bring of een vooraf te bestel (R300 vir twee persone of R400 met ’n mandjie ingesluit) by die koffiewinkel op 021 863 2800. Dit sal ook oop wees vir koffie en ligte verversings asook pizza. Veilige parkering is beskikbaar en toegang word beheer. Onthou asseblief verkykers en warm kleding. Besoekers word aangemoedig om die omgewing te verken en daar is buitelug-speletjies en speelparke vir die kinders.

Die piekniekreeks word aangebied ten bate van “Laat ons Lees!”, die Taalmonument se geletterdheidsprojek vir kinders, derhalwe word piekniekgangers versoek om nuwe of tweedehandse kinderboeke ter ondersteuning van dié projek te skenk.

Die toegangsprys is R50 per volwassene en R10 per kind; kaartjies is by Computicket of die hek beskikbaar, maar bespreking (021 863 0543/4809) is noodsaaklik sodat daar vir genoeg teleskope voorsiening gemaak kan word.

Sterrekykpieknieks sal helaas gekanselleer word indien die weer nie saamspeel nie – skakel 073 853 3100 of 083 544 6510 vir weernavrae. Voorafgekoopte kaartjies kan oorgedra of vergoed word.

  • Vir meer inligting oor al die ander opwindende geleenthede, konserte en kursusse by die Taalmonument (wat in 45 jaar in 2020 vier), skakel 021 872 3441/863 0543, besoek www.taalmonument.co.za of volg hulle op Facebook. 
  • Die volgende, en laaste, Sterrekykpiekniek is op 21 Maart 2020.

...........

It’s Bullseye at iconic Taalmonument – Stargazing picnic focuses on Taurus and its red eye

Locals and visitors will get to know the glittering night sky – specifically the constellation Taurus with its distinctive red eye – better during a summer picnic on Paarl Mountain on Saturday, 22 February 2020.

It promises to once again be a festive evening in the beautiful setting; in addition, a spectacular sunset and a free guided tour of the iconic sculpture is included, and the event is in aid of a good cause.

Visitors can explore the starry skies with the help of Orion Observation Group (OOG) members who like to share their knowledge and telescopes for free. The theme is “Take the Bull by the horns” for the focus is northward on the constellation Taurus with its distinctive eye, the red giant Aldebaran. This reddish star is much older than our Sun and has exhausted all of its primary fuel supply, namely hydrogen. Two of the nearest open star clusters to Earth, the Pleiades and the Hyades, are also found in Taurus – both of which can be seen with the naked eye.

Photo: Pixabay.com

The picnics are very popular with locals and overseas visitors who especially enjoy the beautiful views of the valleys, mountains and peninsula. It starts at 18:00, with a guided tour of the monument at 18:30, where-after visitors can stare into the skies from 20:00 to 22:30.

Guests are welcome to bring their own picnic baskets or pre-order one (R300 for two people or R400 with a basket included) at the coffee shop on 021 863 2800. It will also be open for coffee and light refreshments as well as pizza. Safe parking is available and entry is controlled. Please remember binoculars and warm clothing. Visitors are encouraged to explore the area, and there are outdoor games and playgrounds for the children.

The picnic series is in aid of “Let’s Read!”, the Taalmonument’s literacy project for children, and therefore picnic-goers are requested to donate new or second hand children’s books in support of this project. The entrance fee is R50 per adult and R10 per child; tickets are available at Computicket or the gate, but booking (021 863 0543/4809) is essential to ensure sufficient telescopes.

Unfortunately, Stargazing picnics will be cancelled if the weather doesn’t play along - call 073 853 3100 or 083 544 6510 for weather inquiries. Pre-bought tickets can be transferred or reimbursed.

  • For more information on all the other exciting events, concerts and courses at the Taalmonument (which is celebrating 45 years in 2020), call 021 872 3441/863 0543, visit www.taalmonument.co.za or follow them on Facebook. 
  • The next, and last, Stargazing picnic is on 21 March 2020.

The post Persvrystelling: Pak die Bul by die horings by ikoniese Taalmonument – Sterrekykpiekniek fokus op Taurus en sy rooi oog appeared first on LitNet.

Persvrystelling: Bevorder geletterdheid stap-stap in pragtige omgewing

$
0
0
Taalmonument se 45ste ’n fees van aktiwiteite, musiek en kindervermaak

Die ikoniese Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se naweeklange 45ste feesvieringe spring op 29 Februarie 2020, skrikkeldag, om 08:00 weg met ’n “45 Minute vir Afrikaans”-pretstap oor 5km waartydens deelnemers stap-stap die pragtige fynbosbedekte berghange en onbekende paadjies kan verken. Die inskrywingsgelde vir hierdie aktiwiteit is alles ten behoewe van die ATM se geletterdheidsprojek, “Laat ons Lees!”, en deelnemers sal in stede van ’n nommer, ’n oorspronklike Afrikaanse “deelneem-woord” ontvang.

Diegene wat dit binne 45 minute voltooi, sal medaljes ontvang, maar talle geluktrekkings is op die spel vir álmal. Hierdie trekking vind om 09:50 plaas (slegs teenwoordiges sal pryse kan opeis), kort voordat die fees om 10:00 begin – ’n hele dag van musiek, stories, kindervermaak en ’n mark op die wonderskone Paarlberg.

Daar is boonop ’n joga, jazz en digkunsklas om te verseker álmal het ’n prettige manier om een van Afrika se jongste tale te vier. Die veeltalige, multikulturele program met onder andere Jak de Priester, Lungi, V.I.T.O en Jaloersbokkies sal Afrikaans in al haar pragtige gedaantes laat pronk om sprekers en nie-sprekers met ’n unieke, gesellige gees te omarm.

  • Kaartjies vir die Pretstap kos R30 vir volwassenes en R10 vir kinders onder 13. 
  • Deelnemers kan vooraf by die Taalmonument of Taalmuseum inskryf, of op die dag self vanaf 07:00 tot 07:50 by die hek. 
  • Dagkaartjies kos R80 vir volwassenes en R40 vir kinders onder 13 – dit sluit alle aktiwiteite en vertonings vanaf 10:00 in. Dit is vooraf te koop by die Taalmonument op Paarlberg, by die Taalmuseum in Paarl (021 872 3441/863 0543) en aanlyn via Computicket

Saterdag se feesdag volg op Vrydagaand, die 28ste, se rock-troniese musiek van Akkedis Band – Afrikaanse rock met ’n stewige skeut Afrika-, reggae en blues-invloede – asook Die Heuwels Fantasties se futuristiese elektronika ineengevleg met subtiele kitaarelemente en intelligente lirieke. Drank- en kosstalletjies beskikbaar; onthou warm klere en komberse. 

Die Taalmonument bestuur onder meer ’n geletterdheidsprojek, het ’n skool “aangeneem” ten bate van Nelson Mandela en borg gratis vervoer na die monument. Deur bloot die feesgeleenthede by te woon, ondersteun gaste die uitreikprogramme, so by voorbaat “Baie Dankie!” Gaste word ook aangemoedig om ’n nuwe of tweedehandse kinderboek aan die Besoekersentrum te skenk ter ondersteuning van die “Laat ons Lees!”-projek. 

Vir meer oor al die ander opwindende geleenthede, buiten die 2020-vieringe, by die Taalmonument, skakel 021 863 0543/4809, besoek www.taalmonument.co.za of volg hulle op Facebook. Jaarpermitte is beskikbaar teen R120 vir individue of R220 per gesin, wat toegang tot alle Volmaanpieknieks insluit. 

...........

Advance literacy by talking a walk in this beautiful park 
Taalmonument’s 45th a festival of activities, music and children’s entertainment 

The iconic Afrikaans Language Museum and Monument’s (ATM’s) weekend-long 45th celebrations kick off on 29 February 2020, leap day, at 08:00 with a “45 Minutes for Afrikaans” fun walk over 5km during which participants can explore the beautiful fynbos-covered mountain slopes and lesser-known paths. The entry fees for this activity are all in aid of the ATM’s literacy project, “Let’s read!”, and participants will receive an original Afrikaans “event word” instead of a number.  

Those who complete it within 45 minutes will receive medals, but many lucky draws are at stake for everyone. This draw takes place at 09:50 (only those present will be able to claim prizes), shortly before the festival starts at 10:00 - a whole day of music, stories, children’s entertainment and a market on the beautiful Paarl Mountain.

There is also yoga, jazz and poetry class to ensure everyone enjoys celebrating one of Africa’s youngest languages. The multilingual, multicultural program with amongst others Jak de Priester, Lungi, Jaloersbokkies and V.I.T.O will showcase Afrikaans in all its beautiful forms, reminding speakers and non-speakers of the unique, welcoming spirit of this plucky language. 

  • Tickets for the Fun Walk cost R30 for adults and R10 for children under 13. 
  • Participants can pre-register at the Taalmonument or Taalmuseum, or on the day itself from 07:00 to 07:50 at the gate. 
  • Day tickets cost R80 for adults and R40 for children under 13 – this includes all activities and performances from 10:00. It is available for purchase at the Taalmonument on Paarl Mountain, at the Taalmuseum in Paarl (021 872 3441/863 0543) and online via Computicket

Saturday’s festival day follows on Friday night’s, the 28th, rock-tronic music of Akkedis Band – Afrikaans rock with a strong blend of African, reggae and blues influences – as well as Die Heuwels Fantasties’ futuristic electronics intertwined with subtle guitar elements and intelligent lyrics. Beverages and food stalls available; remember warm clothes and blankets. 

The Taalmonument manages, among other things, a literacy project, “adopted” a school in honour of Nelson Mandela and sponsors free transport to the monument. By simply attending the festival events, guests support the outreach programmes, so a big “Baie dankie!” in advance. Guests are also encouraged to donate a new or second hand children’s book to the Visitor Centre in support of the “Let’s Read!” project.

For more information on all the other events, apart from the 2020 celebrations, at the Taalmonument, call 021 863 0543/4809, visit www.taalmonument.co.za or follow them on Facebook. Annual permits are available at R120 for individuals or R220 per family, which includes access to all Full Moon Picnics.

The post Persvrystelling: Bevorder geletterdheid stap-stap in pragtige omgewing appeared first on LitNet.


Persvrystelling: Son, skemerkelkies en jazz by Taalmonument

$
0
0
Lungi, Ramon en Paarl Vallei Eisteddfod sluit hierdie 45ste fees op hoë noot af

Die ikoniese Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se eerste partytjie om 45 jong jare te vier, bereik ’n jazz-hoogtepunt op Saterdagaand 29 Februarie 2020 danksy Lungi en Ramon se ongelooflike sang- en klaviertalente; in kort, die perfekte klankbaan vir ’n soel laatmiddag. Hierdie konsert in die intieme Tuinteater aan die voet van die Taalmonument, vorm deel van die instelling se naweeklange fees wat onder meer kindervermaak, ’n pretstap, joga, middagkonsert, rock-tronika-konsert, digkunsklas en mark op die wonderskone Paarlberg insluit.

Lungelo Motaung, oftewel Lungi, is ’n gewilde kunstenaar by musiekvenues en word geloof vir haar vokale reikwydte, verhoogpersoonlikheid en interpretasie van ’n wye verskeidenheid items. Daarna volg Ramon Alexander, ’n musikale maestro wat nuwe lewe in Kaapse jazz blaas met oorspronklike komposisies en vingers wat flatervry oor die klavier se akkoorde gly. ’n Weergalose sononder-bederf is dus op hierdie skrikkeldag-spyskaart!

Die hoofgeleentheid begin om 18:00 en is oop vir enigiemand met ’n dagkaartjie. Boonop sal die Paarl Vallei Eisteddfod se talentvolle musikante met hul klassieke klanke vanaf 17:00 almal in die regte stemming kry voor die indrukwekkende, simboliekgelaaide beeldhouwerk wat erkenning aan Afrikaans se Europese, Suidoos-Asiatiese en Afrika-wortels gee. Die veeltalige, multikulturele naweekprogram beloof om Afrikaans in al haar pragtige gedaantes te laat pronk om sprekers en nie-sprekers met ’n unieke, gesellige gees te omarm. Naas die speelparke en buitelugspeletjies vir kinders, sal ’n paar energieke oppassers die jongspan uit die kwaad hou met ’n poppekasvertoning, gesigverf en meer. 

  • Dagkaartjies kos R80 vir volwassenes en R40 vir kinders onder 13 – dit sluit alle aktiwiteite vanaf 10:00 in. Dit is vooraf te koop by die Taalmonument op Paarlberg, by die Taalmuseum in Paarl (021 872 3441/863 0543) en aanlyn via Computicket

Daar is ook ’n 5km-pretstap (om 08:00, R30 vir volwassenes en R10 vir kinders onder 13) op Saterdag ten bate van die Taalmonument se geletterdheidsprojek. Saterdag se feesdag volg boonop op Vrydagaand, die 28ste, se rock-troniese musiek van Akkedis Band – Afrikaanse rock met ’n stewige skeut Afrika-, reggae en blues-invloede – asook Die Heuwels Fantasties se futuristiese elektronika ineengevleg met subtiele kitaarelemente en intelligente lirieke. Drank- en kosstalletjies beskikbaar; onthou warm klere en komberse. 

Die Taalmonument bestuur onder meer ’n geletterdheidsprojek, het ’n skool “aangeneem” ten bate van Nelson Mandela en borg gratis vervoer na die monument. Deur bloot die feesgeleenthede by te woon, ondersteun gaste die uitreikprogramme, so by voorbaat “Baie Dankie!” Gaste word ook aangemoedig om ’n nuwe of tweedehandse kinderboek aan die Besoekersentrum te skenk ter ondersteuning van die “Laat ons Lees!”-projek. 

Foto: Pixabay.com

Vir meer oor al die ander opwindende geleenthede, buiten die 2020-vieringe, by die Taalmonument, skakel 021 863 0543/4809, besoek www.taalmonument.co.za of volg hulle op Facebook. Jaarpermitte is beskikbaar teen R120 vir individue of R220 per gesin, wat toegang tot alle volmaanpieknieks insluit. 

............

Sun, cocktails and jazz at Taalmonument
Lungi, Ramon and Paarl Valley Eisteddfod end this 45th party on a high note

The iconic Afrikaans Language Museum and Monument’s (ATM’s) first party to celebrate 45 young years, reaches a jazz crescendo on Saturday evening, 29 February 2020, thanks to Lungi and Ramon’s incredible singing and piano talents; in short, the perfect soundtrack to a balmy late afternoon.

This concert in the intimate Garden Theatre at the foot of the Taalmonument, forms part of the institution’s weekend-long festival that include children’s entertainment, a fun walk, yoga, midday concert, rock-tronic concert, poetry class and market on the stunning Paarl Mountain.

Lungelo Motaung, or Lungi, is a popular artist at music venues and is praised for her vocal range, stage personality and interpretation of a wide variety of items. Next up is Ramon Alexander, a musical maestro who breathes new life into Cape jazz with original compositions and fingers that glide smoothly over the piano's chords. Therefore, an unrivalled sunset dessert awaits on this leap day menu!

Photo: Pixabay.com

The main event starts at 18:00, and is open to anyone with a day ticket. As an added bonus, Paarl Valley Eisteddfod’s talented musicians will from 17:00 set the mood with their classic sounds in front of this symbolically laden sculpture that recognises Afrikaans’s European, Southeast Asian and African roots. The multilingual, multicultural weekend programme will showcase Afrikaans in all its beautiful forms, reminding speakers and non-speakers of the unique, welcoming spirit of this plucky language. In addition to the children’s playgrounds and outdoor games, some energetic child minders will keep the young ones out of harm’s way with a puppet show, face painting and more.

  • Day tickets cost R80 for adults and R40 for children under 13 - this includes all activities and performances from 10:00. It is available for purchase at the Taalmonument on Paarl Mountain, at the Taalmuseum in Paarl (021 872 3441/863 0543) and online via Computicket

There is also a 5km fun walk (at 08:00, R30 for adults and R10 for children under 13) on Saturday in aid of the Taalmonument’s literacy project. Saturday’s festival day also follows on Friday night’s, the 28th, rock-tronic music of Akkedis Band – Afrikaans rock with a strong blend of African, reggae and blues influences – as well as Die Heuwels Fantasties’ futuristic electronics intertwined with subtle guitar elements and intelligent lyrics. Beverages and food stalls available; remember warm clothes and blankets. 

The Taalmonument manages, among other things, a literacy project, “adopted” a school in honour of Nelson Mandela and sponsors free transport to the monument. By simply attending the festival events, guests support the outreach programmes, so a big “Thank you!” in advance. Guests are also encouraged to donate a new or second hand children’s book to the Visitor Centre in support of the “Let’s Read!” project.

For more information on all the other events, apart from the 2020 celebrations, at the Taalmonument, call 021 863 0543/4809, visit www.taalmonument.co.za or follow them on Facebook. Annual permits are available at R120 for individuals or R220 per family, which includes access to all full moon picnics.

The post Persvrystelling: Son, skemerkelkies en jazz by Taalmonument appeared first on LitNet.

Persvrystelling: Streel jou ore met dié gesproke woorde en musiek

$
0
0
V.I.T.O, Elias P Nel en Jak de Priester help
vier Taalmonument se 45ste fees

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se 45ste feesjaar bied Saterdagmiddag 29 Februarie 2020 ’n opwindende program met musiek en stories uit die boonste rakke. Die immergewilde Jaloersbokkies, V.I.T.O, Elias P Nel, The Unknown Dance Crew, Marco Mentoor en Jak de Priester gaan die gaste vermaak as deel van ’n vol dag met baie ander aktiwiteite. Dit vorm als deel van die Taalmonument se naweeklange feesvieringe wat onder meer kindervermaak, ’n pretstap, joga, jazz-konsert, rock-tronika-konsert, digkunsklas en mark op die wonderskone Paarlberg insluit.

Die Jaloersbokkies, so eg Kaaps soos breyani en koesisters, soos ghoema en winterreën, sal eerste aantree. Hierdie dames en here, uitgedos in klere wat aan die 1950’s herinner, spog met liedjies wat nostalgies op die oor val. Volgende is Vito Heyn, oftewel V.I.T.O, ’n jong rymkletser van Namakwaland wat vinnig opgang maak danksy sy oorspronklike, inheemse Nam-Afrikaanse lirieke en Boheemse styl. ’n Eerste vir Afrikaans. Hy word opgevolg deur Elias P Nel, wat geen bekendstelling nodig nie. Hierdie “bek sonner brieke” is ’n bobaasstorieverteller wat almal aan sy lippe laat hang te danke aan verhale gevul met bittersoete én uitbundige humor. The Unknown Dance Crew is volgende aan die beurt. Gewapen met handskoene en maskers, vergas en verras dié groep malse teatrale dansers hul gehore keer op keer met hul onverwagse, snelvloeiende uitvoerings op die maat van oorspronklike musikale kombinasies. 

Die Paarlse legende Marco – ’n pianis, komponis en vervaardiger – het al met onder andere Jonathan Butler, Dr Victor & the Rasta Rebels, Elvis Blue en Jimmy Dludlu opgetree. Hierdie keer is dit hy en sy talentvolle orkes wat besoekers met hul klanke oorrompel. Laaste, maar nie die minste nie, is Jak de Priester. Sedert hierdie sanger en digter se debuutalbum het talle nommer-een radiotreffers, toekennings, benoemings en suksesvolle albums gevolg – kom beleef self waarom “Jak” en “sangsensasie” gewoonlik in dieselfde asem genoem word. 

Dié geleentheid begin om 13:00 en is oop vir enigiemand met ’n dagkaartjie. Die veeltalige, multikulturele program beloof om Afrikaans in al haar pragtige gedaantes te laat pronk om sprekers en nie-sprekers met ’n unieke, gesellige gees te omarm. Naas die speelparke en buitelugspeletjies vir kinders, sal ’n paar energieke oppassers die jongspan uit die kwaad hou met ’n poppekasvertoning, gesigverf en meer. 

  • Dagkaartjies kos R80 vir volwassenes en R40 vir kinders onder 13 – dit sluit alle aktiwiteite vanaf 10:00 in. Dit is vooraf te koop by die Taalmonument op Paarlberg, by die Taalmuseum in Paarl (021 872 3441/863 0543) en aanlyn via Computicket
  • Helaas word geen eie kos of drank toegelaat nie. 

Daar is ook ’n 5km-pretstap (om 08:00, R30 vir volwassenes en R10 vir kinders onder 13) op Saterdag ten bate van die Taalmonument se geletterdheidsprojek. Saterdag se feesdag volg boonop op Vrydagaand, die 28ste, se rock-troniese musiek van Akkedis Band – Afrikaanse rock met ’n stewige skeut Afrika, reggae en blues-invloede – asook Die Heuwels Fantasties se futuristiese elektronika ineengevleg met subtiele kitaarelemente en intelligente lirieke. Drank- en kosstalletjies beskikbaar; onthou warm klere en komberse. 

.........

“Hierdie ‘bek sonner brieke’ (Elias P Nel) is ’n bobaasstorieverteller wat almal aan sy lippe laat hang te danke aan verhale gevul met bittersoete én uitbundige humor.”

.........

Die Taalmonument bestuur onder meer ’n geletterdheidsprojek, het ’n skool “aangeneem” ten bate van Nelson Mandela en borg gratis vervoer na die monument. Deur bloot die feesgeleenthede by te woon, ondersteun gaste die uitreikprogramme, so by voorbaat “Baie Dankie!” Gaste word ook aangemoedig om ’n nuwe of tweedehandse kinderboek aan die Besoekersentrum te skenk ter ondersteuning van die “Laat ons Lees!”-projek. 

Vir meer oor al die ander opwindende geleenthede, buiten die 2020-vieringe, by die Taalmonument, skakel 021 863 0543/4809, besoek www.taalmonument.co.za of volg hulle op Facebook. Jaarpermitte is beskikbaar teen R120 vir individue of R220 per gesin, wat toegang tot alle Volmaanpieknieks insluit. 

.........

Soothe your ears with these spoken words and music
V.I.T.O, Elias P. Nel and Jak de Priester help celebrate the Taalmonument’s 45th Festival

The Afrikaans Language Museum and Monument’s (ATM’s) 45th festival year presents an exciting, top-notch programme with music and stories on Saturday afternoon, 29 February 2020. The ever-popular Jaloersbokkies, V.I.T.O, Elias P Nel, The Unknown Dance Crew, Marco Mentoor and Jak de Priester will entertain the guests as part of a full day with many other activities. They all form part of the Taalmonument’s weekend-long celebrations that include children’s entertainment, a fun walk, yoga, jazz concert, rock-tronic concert, poetry class and market on the stunning Paarl Mountain.

Die Jaloersbokkies – as Kaaps as breyani and koesisters, like ghoema and winter rains – will kickstart this event. These true ladies and gentlemen are dressed in outfits reminiscent of the 1950s, and perform nostalgic songs to boot. Next up is Vito Heyn, or V.I.T.O, a young rapper from Namaqualand that is rapidly gaining ground thanks to his original indigenous Nam-Afrikaans lyrics and out-of-this-world style. A first for Afrikaans. He his followed by Elias P Nel, who needs no introduction.

.........

“Guests are also encouraged to donate a new or second hand children’s book to the visitor centre in support of the ‘Let’s Read!’ project.”

.........

This “bek sonner brieke” is a superb storyteller that has everyone hanging on his every word with stories filled with bittersweet and exuberant humour. The Unknown Dance Crew is up next. Armed with gloves and masks, this group of crazy theatrical dancers have surprised audiences time and time again with their unexpected, fast-paced performances on the beat of original musical combinations. Truly unique! 

Paarl legend Marco – a pianist, composer and producer – has performed with amongst others Jonathan Butler, Dr Victor & the Rasta Rebels, Elvis Blue and Jimmy Dludlu. This time around it is him with his talented orchestra impressing visitors with their amazing performance. Last but not least, is Jak de Priester. Since this singer and poet’s debut album, numerous number-one hits, accolades, awards, nominations and successful albums have followed – hear for yourself why “Jak” and “singing sensation” are often mentioned in the same breath. 

Photo: Pixabay.com

This event starts at 13:00, and is open to anyone with a day ticket. The multilingual, multicultural programme will showcase Afrikaans in all its beautiful forms, reminding speakers and non-speakers of the unique, welcoming spirit of this plucky language. In addition to the children’s playgrounds and outdoor games, some energetic child minders will keep the young ones out of harm’s way with a puppet show, face painting and more.

  • Day tickets cost R80 for adults and R40 for children under 13 – this includes all activities and performances from 10am. It is available for purchase at the Taalmonument on Paarl Mountain, at the Taalmuseum in Paarl (021 872 3441/863 0543) and online via Computicket.
  • Unfortunately, no own food or drinks are allowed. 

There is also a 5km fun walk (at 08:00, R30 for adults and R10 for children under 13) on Saturday in aid of the Taalmonument’s literacy project. Saturday’s festival day also follows on Friday night’s, the 28th, rock-tronic music of Akkedis Band  – Afrikaans rock with a strong blend of African, reggae and blues influences – as well as Die Heuwels Fantasties’ futuristic electronics intertwined with subtle guitar elements and intelligent lyrics. Beverages and food stalls available; remember warm clothes and blankets.

The Taalmonument manages, among other things, a literacy project, “adopted” a school in honour of Nelson Mandela and sponsors free transport to the monument. By simply attending the festival events, guests support the outreach programmes, so a big “Thank you” in advance. Guests are also encouraged to donate a new or second hand children’s book to the visitor centre in support of the “Let’s Read!” project.

For more information on all the other events, apart from the 2020 celebrations, at the Taalmonument, call 021 863 0543/4809, visit www.taalmonument.co.za or follow them on Facebook. Annual permits are available at R120 for individuals or R220 per family, which includes access to all full moon picnics.

The post Persvrystelling: Streel jou ore met dié gesproke woorde en musiek appeared first on LitNet.

Persverklaring: Museumdag 2020 plaas fokus op Taalmuseum se relevansie

$
0
0

Die internasionale museumraad (ICOM) vier sedert 1977 Internasionale Museumdag waardeur museums regoor die wêreld op of rondom 18 Mei die geleentheid gebruik om op skeppende wyses en deur spesiale aktiwiteite uiting te gee aan ’n bepaalde tema. Vanjaar se tema is “Museums vir gelykheid: Diversiteit en inklusiwiteit”, wat weer die kollig plaas op die werklike doelstellings van museums, skryf Michael Jonas, direkteur van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM).

ICOM beskryf ’n museum “as ’n nie-winsgewende, permanente openbare instelling, in diens van die samelewing en sy ontwikkeling, wat die tasbare en nie-tasbare erfenis van die mensdom en sy omgewing versamel, bewaar, navors, kommunikeer en uitstal ten bate van opvoeding, studie en plesier”.

Binne die Suid-Afrikaanse konteks en realiteite word die rol en funksies soos vervat in die definisie, sowel as die kernpligte van wat ’n museum veronderstel is om te wees en doen, helaas verwaarloos. ’n Tekort aan genoegsame befondsing en opgeleide personeel help ook nie juis die nakoming van die rol of funksies nie. Die situasie word vererger deur ’n gebrek aan politieke wil en begrip vir die belangrike rol wat hierdie tipe kulturele instellings as versoeners en brugbouers kan speel.

Ver verwyder van sy tradisionele rol gaan al hoe meer stemme op dat museums die aspekte bekend as “nuwe museologie” en “volhoubare ontwikkeling” moet insluit in hul werksaamhede. In ooreenstemming met hierdie nuwe denkrigting sien ek die grootste uitdagings vir die Taalmuseum (in die Paarl se middedorp) om sy oorwegend Eurosentriese benadering te hersien en aan te pas by behoeftes van die tyd om sodoende relevant te bly. In ’n tyd van voortdurende veranderings, te same met die diverse aard van die Afrikaanse taalgemeenskap, word die Taalmuseum genoop om skeppende en vindingryke maniere te vind om die uitdagings die hoof te bied. Deur die verskaffing van universele toegang ten opsigte taal, toegang, gestremdhede en intellektuele vermoëns word mediums en ruimtes geskep wat die lewensgehalte van mense verhoog, ’n opvoedkundige rol vervul en gemeenskaplike kwessies aanspreek.

Met behulp van ’n uitgebreide kommunikasiestrategie, wat grotendeels fokus op die gedeelde oorspronggeskiedenis van hierdie jong Afrikataal, poog die Taalmuseum om ’n inklusiewe ruimte te skep waar die narratief erkenning gee aan bydraes tot die ontwikkeling van die taal uit al die groeperings – Europa, Suidoos-Asië en Afrika. Voorts poog die ATM (wat vanjaar 45 jaar vier) om deur ons wye spektrum van aktiwiteite die bou van menslike kapitaal, maatskaplike samehorigheid, taaltrots asook inklusiwiteit bevorder en ontwikkel as deel van ’n taak wat ons oor die volgende 45 jaar volhoubaar sal uitvoer.

Die doel van Internasionale Museumdag is voorts om museums die geleentheid te bied om hul te posisioneer as openbare mediums en ruimtes vir die uitruil en verryking van kulture, die ontwikkeling van gemeenskaplike begrip, maatskaplike samehorigheid en samewerking tussen gemeenskappe. In hierdie verband is die vraag seer sekerlik hoe museums die heersende ongelykhede en verdeeldheid binne die Suid-Afrikaanse samelewing kan oorbrug. Hoewel integrasie plaasvind, is Suid-Afrika is grotendeels nog ’n geskeide samelewing weerskante van kulturele, ekonomiese en politieke grense.

Museums kan as die ideale mediums gesien word om menslike kapitaal te bou deur middel van sy openbare programme waarmee idees van goeie maatskaplike waardes, menseverhoudings, kollektiewe identiteit, nie-rassisme en goeie burgerskap bevorder kan word. Openbare programme moet gestruktureer word om gemeenskaplike waardes oor linguistiese, kulturele, religieuse, ras-, klas- en ander grense te bevorder. Voort moet museums aan die spits wees van die skep van ’n omgewing waar diversiteit omarm word terwyl verdraagsaamheid asook verantwoordbare burgerskap gekweek word. Museumuitstallings in hul verskeie gedaantes is kragtige, invloedryke kommunikasiemediums. Die inhoud kan beide ’n opbouende en nadelige impak op die verspreiding van waardes en idees rakende identiteit hê asook hoe mense en kwessies visueel geprojekteer word; uitstallings onderskryf egter dikwels steeds sekere stereotipes, persepsies en konnotasies.

Dit bring my by die waarde van taal, nie net as medium van kommunikasie nie, maar as draer van kultuur en identiteit. Die Grondwet van die Republiek gee erkenning aan elf amptelike tale, daarom is dit van kardinale belang dat alle inheemse tale bevorder moet word en gelyke status geniet. Die aanbieding van museumaktiwiteite en openbare programme moet, waar finansieel haalbaar, voorsiening maak vir veeltaligheid. Die bevordering en viering van veeltaligheid moet ook ’n prioriteit vir museums wees, want dit dien telkens as van die eerste stappe waar uiteenlopende gehore kan leer van ander tale en kulture asook verdraagsaamheid ten opsigte van diversit eit om sodoende begrip vir die ander te ontwikkel.

Laat ons dus, ter viering van Internasionale Museumdag 2020, almal herbesin oor die rol en funksies van museums wêreldwyd en watter waardevolle rol museums kan vertolk as platforms vir dialoog, mediums vir versoening en inklusiewe ruimtes waar diversiteit gevier word.

The post Persverklaring: Museumdag 2020 plaas fokus op Taalmuseum se relevansie appeared first on LitNet.

Persvrystelling: Taalmonument vier 45ste jaar met Bybel in Kaaps

$
0
0

Fotobron: Canva

Vrinne
lat ons die Bybel oepeslaan
en lat ons daaryt lies –
o Allahoegste Gies
lat die volgende woorde na ons almal se harte gaan!
En maak vir ons lig moet hierie woorde
Soos moet kerse.
Adam Small in "Kȏ lat ons sing"

Ter ere van die feit dat Afrikaans – en eindelik ook die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) wat 45 jaar in 2020 vier – deels te danke is aan pogings om die Bybel in hierdie taal te vertaal, is die instelling verheug om kreatiewe kragte met die onafhanklike joernaal LitNet saam te snoer om nuwe vertalings van die Bybel in Kaaps in die Groen Galery uit te stal. Weens die koronavirus-pandemie is dit vir eers slegs gratis via die kuberruim by www.taalmuseum.co.za/groen-galery/ beskikbaar, maar sodra moontlik, sal dit ook in die buitelug te sien wees.

Volgens Michael Jonas, ATM direkteur, is die instelling ʼn lewende monument waar daar gedurig ʼn interaksie tussen die struktuur, natuur, besoekers en taalskeppers is. "Ons gee graag aan opkomende skrywers, musikante en digters die kans om hul werk aan ʼn groter gehoor bloot te stel. Die meeste besoekers is nie net baie geïnteresseerd in die geskiedenis van Afrikaans nie, maar ook nuuskierig oor die taal se ontwikkeling en haar jongste skeppende gedaantes aangesien dit nuwe perspektiewe bied op die bestaanswêreld van Afrikaanssprekende Afrikane," sê hy. "Hoewel ons tans tydelik weens Covid-19 gesluit is, beskou ons dit as ʼn gulde geleentheid om ons web- en sosiale mediavoetspoor onder meer mense bekend en bemind te maak."

Olivia M Coetzee, wat gereeld in Kaaps vir LitNet skryf en dele van die Bybel in Kaaps vertaal, was een van die beoordelaars van ’n kompetisie waarin deelnemers Genesis 1:1-8 kon vertaal. Die vertalers het onder andere Christo Meyer, Hein Kleinbooi, Handry Kortje, Ilne Fourie, Ivor Swartz en Kyle Deon Manuel ingesluit.

Hierdie spesifiek teks is reeds in 1893 in die Paarl in Afrikaans vertaal as deel van die destyds omstrede projek om Afrikaans tot ʼn kanseltaal te verhef. Die eerste openbare pleidooi vir die vertaling van die Bybel in Afrikaans was ’n brief deur dr Arnoldus Pannevis wat op 7 September 1872 in De Zuid-Afrikaan verskyn het. Uit korrespondensie wat gevolg het, het dit egter geblyk dat die meeste mense sterk daarteen gekant was. In reaksie daarop is die Genootskap van Regte Afrikaners op 14 Augustus 1875 in die Paarl gestig in die huis waarin die Taalmuseum nou gevestig is. Dieselfde teks is mettertyd in die Afrikaanse bybelvertalings van onder meer 1933, 1953, 1983 asook Die Lewende Vertaling van 2011 aangepas – voorbeelde hiervan asook die 1893-vertaling verskyn in die uitstalling. Dele van die Koran is reeds in die mid-1850's in Afrikaans vertaal met die gebruik van Jawies, die Arabiese skrif soos aangepas vir die taal.

Die argitek van die monument, Jan van Wijk, het sterk gevoel oor die natuur en daarom word hy vereer deur dié buiteluggalery waar sy as in ’n rots ingemessel is, knus omring deur inheemse olienhout en graniet. ʼn Uitstalling van verskeie opkomende Afrikaanse skrywers word elke paar maande in dié galery se uitstalkaste van herwonne hout en glas aangebied om hiermee op die monument se kulturele én natuurlike aspekte te fokus. Hierdie spesifieke uitstalling is opgedra aan Chris Brunette (1961-26 Maart 2020). As LitNet-redaksielid het hy ʼn belangrike rol in hierdie en ander gesamentlike projekte tussen die Taalmonument en LitNet gespeel. Sy positiewe bydrae en ondersteuning sal erg gemis word. Sien www.litnet.co.za/in-memoriam-chris-brunette-1961-2020/ vir meer.

Sien www.taalmuseum.co.za/groen-galery/ vir die Kaaps- en vorige uitstallings. Die webtuiste bied boonop virtuele toere van die monument en museum, inligting in ses tale oor die simboliek van die Taalmonument asook baie interessante artikels oor Afrikaans, veeltaligheid en die instelling se verlede, hede en toekoms. Daar is ook heelwat bronne vir skool- en navorsingsprojekte.

Vir navrae oor die monument of om meer te wete te kom oor die talle gewilde geleenthede en afslagpryse, ook rakende die ATM se 45-jarige feesvieringe, besoek www.taalmonument.co.za of hul Facebookblad. Kontak die ATM op 021 863 0543/ 872 3441 of stuur ʼn e-pos na admin@taalmonument.co.za. Meer oor LitNet se Bybel in Kaaps-projek te siene by www.litnet.co.za/bybel-kaaps-kompetisie-wenners-aangekondig/

Lees ook:

Bybel in Kaaps: Jesaja 26

Bybel in Kaaps: Psalm 11 tot 13

Bybel in Kaaps: Markus 10 (deel 2)

The post Persvrystelling: Taalmonument vier 45ste jaar met Bybel in Kaaps appeared first on LitNet.

Uitnodiging: "Toekoms van Kaaps"-webinaar

Viewing all 123 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>